Dbekendstelling vele verrassings registrasies het vir die eerste jaar se ie Ons Paradys Tuinuitdaging se
opgelewer. Die beoordelaars het dit baie geniet om in die mooi tuine te beweeg en het telkens waardering uitgespreek vir die innovasie van Orania se tuiniers en eienaars.
Begrond, is ‘n Christelike navorsingsinstuut wat die Afrikaanse taal en Afrikanerkultuur gemeenskap bystaan om Bybelse antwoorde op belangrike lewensvrae te kry. Dr Wikus Buys, uitvoerende direkteur van die Begrondinstituut, het deelnemers geluk gewens met die kwaliteit van grasperke, gevestigde tuine, sakpastuine en beginnerstuine.
Daar was 23 registrasies vir die onderskeie afdelings en daar is lieflike kontantpryse, kunsmis en ‘n boom gewen. Vir 2026 word die uitdaging reeds beplan en ‘n paar meer afdelings word bespreek.
Vanjaar se beoordelaars, Lené van der Walt, Alida Ackerman en Johan Venter is deeglik daarvan bewus dat die Noord-Kaap klimaat ‘n uitdaging is vir ‘n suksesvolle seisoenale tuin. Die kwaliteit het hulle egter nie teleurgestel nie.
Die onderskeie wenners, wat tydens die Tuintot-Tafel Straatfees op 29 November aangekondig is, is:
omas de Villiers: Beginnertuin en Grasperk Aneli de Villiers: Sakpastuin
Lesley en Jan Shaw: Gevestigde tuin Wanneer jy weer deur die dorp ry kan jy uitkyk vir die wennerborde wat in dié 3 tuine pryk. Alle deelnemers se harde werk is met respek beoordeel en gekomplimenteer. Woorde soos tekstuur, fokuspunte, formele lyne, vloei, atmosfeer, waterwys, effektiewe plaagbeheer, praktiese besproeiing, ensovoorts is gereeld vanaf die beoordelaars gehoor. Karin Buys is die sameroeper van die uitdaging en tesame met die Begrondinstituut en Koerania se verteenwoordigers sal die planne vir 2026 binnekort bekend gemaak word.