No data was found

Koerania Gemeenskapskoerant

Op die jeugdige ouderdom van 31 het hy soveel Amerikaners se lewens aangeraak en sonder om te skroom God as sy verlosser verkondig. Hoeveel leiers is bereid om dit te doen? Hoeveel jeugleiers vrees nie etiketering nie, en erken God openlik as hul saligmaker, staan vir familiewaardes en vir geregtigheid? So was Charlie Kirk.

Rotsvas, opreg, eerlik, respekvol en lojaal – dit is net ‘n paar van die eienskappe wat ek van dié dinamiese jongman kan uitlig. Hy is vermoor, maar sy stem kan voortleef in die honderde video’s wat hy vir sy land en mense se voortbestaan gemaak het. Hy was dalk ‘n Amerikaner, maar sy boodskappe is universeel en navolgenswaardig.

Die eie ek was nooit sigbaar in sy werk nie. Met dryf en deursettingsvermoê het hy gewoeker om ‘n boodskap van vrede, ywer en naasteliefde oor te dra.

Watter boodskap is daar in Charlie se lewe, en nou sy dood, vir ons? My wens is dat baie Charlie’s nou sal opstaan, hulle stemme laat hoor en die goeie stryd stry! Dit is nie veronderstel om uniek aan die VSA te wees nie. In ons dorpe, stede, provinsies en ons land het ons soortgelyke stemme nodig wat korrupsie, misdaad, ongeloof, haat en nyd beveg, maar daarmee saam die Goeie Boodskap bring!

Nie politiekery of groepe wat net vir hul eie missie veg nie, maar stemme wat oorkoepelend gehoor kan word, omdat God hulle bemagtig en hulle bereid verklaar om Sy koninkryk te laat juig.

..”jy moet jou naaste liefhê soos jouself…” sê God se woord. Dit is een van Sy moeilikste opdragte. Dit is duidelik aan die verkragtingsyfers, moordsyfers en hofsake wat in howe aangehoor word. Hoe het ons toegelaat dat twis meer aandag as vrede kry? Slegte nuus vorm baie meer gereeld deel van gesprekke as goeie nuus.

Is dit omdat die eie ek op die voorgrond wil wees? In ‘n “selfie” wêreld is dit nie verbasend nie. Ek verkies ‘n “onsie”! Kom ONS leef, glimlag, gesels en kommunikeer met ‘n bewustheid van ONS en ‘n fokus op die GOEIE nuus!

Klink ‘n koffie boeretroos met ‘n geliefde, vriende, familie of kollegas – maar keer die gesprek bewustelik na ‘n positiewe ingesteldheid.

#saamisONSsterker #charliekirk #sohelpONSGOD

Orania Weer
Please set your weather API key.

Sosiale Media

September

13 Orania gaan Groot

16 Binnelandse Sake besoek

19 Volkskool Orania – skole sluit

19-20 Tafeltennistoernooi

25 OTV – Kunsmatige Intelligensie

Oktober

3 Aandmark

8 Sakekamer netwerksessie

7 Volkskool Orania heropen

9 – 11 Karnaval

10 Heldedag

10 Massakoor

11 Juffrou Linky Karnaval

13 Orania CVO-skool heropen

17-31 Bejaardeweek

26 Stap vir Jesus

Ongevalle | Brand | Veiligheid
060 501 7877 of 053 207 0089

Water & Riool | Elektries
053 207 0063/4 (Kantoorure)
053 207 0089 (Na-ure)

Misbruik van enige van hierdie nommers is strafbaar.

Na-uurse tegniese bystand is vir die rekening van die inwoner, tensy die probleem veroorsaak is deur ‘n fout aan die kant van die Dorpsraad se infrastruktuur.

voorblad
September, 2025

Op 25 Augustus 2025 het die gemeenskap van Orania bymekaargekom vir ‘n historiese aankondiging: die stigting van ‘n nuwe, onafhanklike gesondheidsinstelling. Dié inisiatief, gedryf deur ‘n bewuswording dat die huidige gesondheidsdienste onvoldoende is, is ’n konkrete stap in die rigting van selfbeskikking en gemeenskapsverantwoordelikheid.

Suster Karin Bain, ’n geregistreerde verpleegkundige, het die grondslag van die nuwe inisiatief verduidelik. Sy het die uitdagings van die bestaande satellietkliniek, wat slegs twee keer per week diens lewer, belig. Met die beperkte tyd fokus die kliniek noodwendig op die behandeling van akute en kroniese siektes, en is daar geen tyd vir noodsaaklike dienste soos voorgeboortesorg of gesinsbeplanning nie. Hierdie afhanklikheid van die staat se dienste, wat onder groot druk verkeer weens ’n provinsiale personeeltekort, is nie volhoubaar vir ’n groeiende gemeenskap nie.

’n Komitee, bestaande uit ’n diverse groep kundiges en gemeenskapsleiers, insluitend Dr. Lardus Erasmus, Karin Bain, Jannie Roux, en Arno Lambrechts, het die uitdaging aanvaar om ’n unieke oplossing te vind. Hul kernvraag was: “Hoe kan Orania self verantwoordelikheid neem vir gesondheidsorg?” Die antwoord lê in die stigting van ’n eie, volhoubare instelling wat nie net op reaktiewe behandeling fokus nie, maar ook op voorkomende sorg en die bevordering van ’n gesonde leefstyl.

’n Nuwe instelling

Die nuutgestigte organisasie, waarvan Jannie Roux, Suster Karin Bain, en Dr. Lardus Erasmus die oprigtingslede is, se hoofdoel is om ‘n mediese praktyk te vestig. Hulle het ’n visie om ‘n omvattende gesondheidsentrum te bou, wat onafhanklik van individuele mediese praktisyns sal funksioneer. Dit sal toerusting en fasiliteite beskikbaar stel vir enige mediese praktisyn wat in die dorp wil kom diens lewer, en sodoende die struikelblokke wat dokters in die verlede verhinder het, uit die weg ruim. Dit is veral relevant aangesien Dr. Nothnagel, wie se praktyk die gemeenskap vir meer as 6 jaar bedien het, dit aan die einde van Desember sal verlaat om sy dienste in Vanderkloof voort te sit.

Arno Lambrechts het die uitdagings wat dr. De Jager, die huidige kliniekdokter, ondervind, duidelik gemaak, insluitend onreëlmatige salarisbetalings wat die staat se onstabiliteit bewys. Die nuwe inisiatief beoog om ’n diensvlakooreenkoms met die staat te sluit en ’n verpleegkundige aan te stel om die dokter te ondersteun. Dié stappe sal ’n meer stabiele en betroubare diens verseker.

Jannie Roux het beklemtoon dat die projek op die beginsel van “ons sal self” berus. Hy het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om finansieel en met hul vaardighede betrokke te raak, want net deur saam te staan, kan ’n volkome onafhanklike gesondheidstelsel tot stand kom. Hy het ook genoem dat ‘n privaat persoon reeds fondse beskikbaar gestel het om ‘n hospitaal op te rig en dat daar reeds drie dokters is wat hul hande opgesteek het om dienste in die dorp te lewer. Die plan is om die Prieska-model te volg, waar ’n gemeenskapsbesit mediese sentrum professionele dienste lewer deur middel van ’n vennootskap met mediese personeel.

Hierdie inisiatief is ’n teken van die groeiende gemeenskap se vertroue en hul bereidheid om prakties te bewys dat hulle op die skouers van hul pioniers staan om oplossings vir hul eie uitdagings te skep. Dit gaan nie net oor die oprigting van ’n kliniek nie, maar oor die bou van ’n instelling wat hoop bring en geslagte lank sal hou. Die projek is ‘n konkrete voorbeeld van die gemeenskap se pioniersgees en hul vermoë om saam te staan en hul eie toekoms te skep.

‘n Konkrete plan vir die toekoms

Die konsep vir ‘n onafhanklike gesondheidsorgstelsel in Orania is nie meer net ‘n droom nie; dit het ‘n duidelik gedefinieerde pad vorentoe. Die inisiatief, onder die nuwe maatskappy MSW Orania Gesondheidsorg, het ’n raad van direkteure aangestel wat bestaan uit Karin Bain, Jannie Roux, en dr Lardus Erasmus. Die plan is om lede van die vier grondentiteite in te sluit om ’n breë verteenwoordiging te verseker.

Die beplande gesondheidsentrum sal meer as net ‘n dokterspraktyk wees. Die voorneme is om bestaande dienste soos die laboratorium en X-straalkamers van die huidige kliniek te behou en te verbeter. Deur die spasie te herorganiseer, sal daar meer spreekkamers geskep word om ‘n verskeidenheid mediese beroepslui te akkommodeer. Daar word ook reeds met Local Choice-apteke onderhandel oor die moontlikheid om die bestaande apteek oor te neem. ’n Interessante nuwe konsep wat oorweeg word, is ’n vliegmediese diens.

Hierdie inisiatief is ’n oproep tot aksie aan elke Oraniër, nie net ’n plan vir die gemeenskap nie. Die fokus is op die opbou van ‘n volhoubare stelsel wat op die samewerking van die private sektor, plaaslike gesondheidswerkers, en die gemeenskap self berus. Daar word verwag dat mediese personeel hulself sal betrek by ‘n gesamentlike gesprek sodat ‘n lys van hulpbronne en vaardighede saamgestel kan word. Die tyd vir praat is verby, en die tyd vir dade het aangebreek.

Maansverduistering foto Brian van Hansen
September, 2025

Sondag, 7 September se maansverduistering en bloedmaan was iets waarlik onvergeetlik. Met meer as 1 uur en 22 minute, was dit een van die langste verduisterings wat gesien is. Dié foto versmelt die verskillende fases van die verduistering tot een beeld en vang die maan se volle reis deur die aarde se skaduwee vas.

’n Maansverduistering vind plaas wanneer die maan direk agter die Aarde in sy skaduwee inbeweeg. Dit kan net gebeur as die son, Aarde en maan in ’n reguit of byna reguit lyn lê met die Aarde in die middel – dus net met volmaan. Die soort en duur van die verduistering hang af van die maan se ligging in verhouding met sy wentelbaanknoop.

Anders as ’n sonsverduistering, wat net in ’n redelik klein deel van die wêreld gesien kan word, kan ’n maansverduistering gesien word vanaf enige plek aan die nagkant van die Aarde. ’n Maansverduistering duur ’n paar uur, terwyl ’n sonsverduistering net ’n paar minute op enige gegewe plek duur vanweë die kleiner grootte van die maan se skaduwee. ’n Maansverduistering kan ook met die blote oog bekyk word, aangesien dit nooit helderder as ’n gewone volmaan word nie (of eintlik altyd dowwer is).

Die rooi kleur word veroorsaak deur stofdeeltjies in die aarde se atmosfeer.

Dewald Otto se span bou skag vir voetstuk
September, 2025

Die replika van Paul Kruger se beeld vertrek op 24 September vanuit Pretoria op ‘n interessante roete tot in Orania. Daar word in verskeie dorpe gestop waartydens inwoners hulle ondersteuning kan toon deur te kom groet of selfs nog ‘n steen te bekom wat in die voetstuk van die beeld ingebou sal word. Hou hul sosiale media platforms dop om op hoogte te bly van al die dorpsbesoeke en die opwinding wat hul op die pad beplan en sal beleef.

Volgens Dewald Otto is meer as 10 000 stene reeds deur ‘n paar kontrakteurs en bouers vir die voetstuk van die Paul Kruger beeld, wat op 10 Oktober onthul sal word, gelê. Uiteindelik sal daar 12 500 stene gebruik word om die estetiese voetstuk te voltooi. Het jy al ‘n steen gekoop om deel te wees van hierdie geskiedkundige gebeurtenis?

Daar is 34 ton se opvulmateriaal, G5, gebruik om die fondasie te versterk. Daar was hierdie week gewoeker om die skag te bou sodat “Oom Paul” in wind en weer regop kan bly. Die metaalstawe is ondergronds gevleg, want die beeld, wat 1.5 ton weeg, moet vir lank sy plek in Orania kan vol staan.

Kontak Pieter Bisschoff by pieter@ontwikkelorania.co.za vir besonderhede om ‘n steen te bekom of om die span padlangs op die roete te groet.

Maak seker jy het ʼn nalatenskap vir die geslagte wat nog kom! Koop jou simboliese steen om hierdie reis moontlik te maak en belê in iets tasbaar vir jou nageslag en verewig jou naam op die nuwe plein in Orania.

Koop jou Krugersteen hier: https://www.orania.co.za/paul-kruger

Lees meer oor die Krugerbeeld hier: https://fak.org.za/ewebeeld-van-krugermonument-in-orania/

Ewebeeld van Krugermonument in Orania – https://fak.org.za/kom-trek-saam-met-paul-kruger/

Kom groet, vier, en stap saam in die spore van Paul Kruger.

China 3
September, 2025

Vir Derick Smit (65), ‘n legende in die wêreld van toutrek, is die sport meer as net ‘n kragmeting. Dit is ‘n dissipline, ‘n spanpoging en ‘n lewenslange passie. Derick, wat sedert 1981 by die sport betrokke is, vier in 2026 sy 28ste jaar as ‘n internasionale skeidsregter, ‘n prestasie wat getuig van sy toewyding en kundigheid.

Derick se pad na toutrek het in die vroeë tagtigerjare begin toe hy, as deel van sy militêre diens, ‘n sport moes kies. Hy wou aanvanklik teen sy pa en oupa se aandrang tennis gekies, maar na sy eerste dag op die toutrekbaan het hy besef dat die sport ‘n unieke uitdaging bied. Trouens, wetenskaplike studies wat in die 80’s in Europa gedoen is, het bewys dat toutrek, saam met onderwaterhokkie en boks, die meeste van ‘n atleet se krag in die kortste tydperk tap. Derick, ‘n veteraan van die Comrades-marathon, getuig self dat hy nog nooit so moeg was soos na ‘n naweek van toutrek nie.

Die sport, wat deur agt lede per span met een aanvoerder en een reserwe gespeel word, het verskeie afdelings. Gewigte wissel van 280kg vir junior spanne tot 680kg vir senior mans. Die grootste toutrekbyeenkoms in Suid-Afrika is die junior nasionale kampioenskappe, wat byna 300 spanne lok. Tydens wêreldkampioenskappe mag klubspanne in ‘n oop afdeling deelneem, wat ‘n geleentheid skep vir klubs soos die een wat Derick in Orania wil vestig, om internasionaal mee te ding.

Wat maak toutrek so spesiaal vir Derick? Hy beskryf dit as die “lekkerste spansport” omdat dit onwrikbare samewerking vereis. Sukses word behaal wanneer agt mense met dieselfde ingesteldheid en doel op dieselfde tyd saamwerk. Een lid wat nie sy of haar deel doen nie, kan die span se medalje kos. “Die sport bou ‘n ongekende kameraadskap, en na elke wedstryd is respek vir die teenstander die norm,” vertel hy met oortuiging.

Vir Derick is alles nie net ‘n spel nie. As ‘n internasionale skeidsregter, is hy gemoeid met 14 verskillende oortredinge waarvoor ‘n span gepenaliseer kan word. Sy kennis en ervaring is so diep dat hy as een van die top drie skeidsregters in die wêreld geëvalueer is. Sy toewyding is onwrikbaar, selfs nadat hy in 2007 ‘n rugbesering in ‘n motorongeluk opgedoen het, wat sy kinders laat grappies maak het dat toutrek ‘n “godsdiens” in hul huis is.

Die sleutel tot sukses in toutrek, sê Derick, lê nie in grootte nie, maar in tegniek en toewyding. Slegs 20% van die spel is fisiek, terwyl 80% van die sukses in die kop is. Belangrike tegnieke sluit in ‘n reguit rug, die gebruik van jou gewig, en ‘n sterk kern om jou eie gewig teen die tou te hou.

Die toekoms van toutrek in Suid-Afrika lyk volgens hom blink. Die Wêreldkampioenskappe sal van 16 tot 20 September 2026 in Hartenbos plaasvind, waar Derick as hoofskeidsregter sal dien. Daar word ongeveer 400 spanne verwag. Intussen sal hy sy kennis en ervaring met ‘n nuwe generasie toutrekkers deel en kursusse aanbied, want soos hy dit stel, sal hy seker “by toutrek betrokke wees tot hy doodgaan.”

 

Ondersteun ons Adverteerders