Registrasievorm 2026
Ons Paradys Tuin-uitdaging
Is jy ‘n beginner wanneer daar oor tuinmaak gesels word, of dink jy meer met jou beursie sodat daar prakties gewerk kan word om jou eie lushof te skep?
Koerania is ‘n gemeenskapskoerant wat daarna uitsien om die gemeenskap se kreatiewe verskeidenheid te sien wanneer dit by tuinmaak kom. Die Ons Paradys Tuinuitdaging skop nou af en registrasies sal tot 28 Oktober 2026 verwelkom word.
Indien daar ‘n buurman of buurvrou se tuin is wat jou aandag trek, is jy welkom om daardie tuin en die samesteller daarvan te nomineer. Deelnemers van alle ouderdomme word verwelkom.
Die geregistreerde tuine sal vanaf 2 tot 6 November besoek en beoordeel word. Die wenners in onderskeie afdelings sal aan die einde van November 2026 tydens ‘n skemerkelkie-geleentheid aangekondig word.
Sluitingsdatum: 28 Oktober 2026 · Suid-Afrikaanse tyd
Afdelings en kriteria
Vir watter afdeling of afdelings registreer jy? Merk asb. net die tuin waarvoor jy inskryf met √.
Beginnerstuin
Kriteria:netheid en instandhouding, kreatiwiteit, groei gesondheid, volhoubaarheid, potensiaal vir groei
Gevestigde tuine (blom en/of groente en/of vrugte)
Kriteria: verskeidenheid, ontwerp en uitleg, gesondheid van plante, volhoubaarheid en algemene indruk.
Groentetuin, pallette en bokse
Kriteria: produktiwiteit, netheid, innovasie, volhoubaarheid, estetika.
Grasperk
Kriteria: gesondheid en kleur, netheid, instandhouding, gebruik van spasie, algemene indruk.
Sakpas tuinmaak (idee in die kleine)
Kriteria: kreatiwiteit, funksionaliteit, netheid, versorging, volhoubaarheid, algemene indruk.
Besigheidstuin
Kriteria- algemene indruk, kreatiwiteit en volhoubaarheid, netheid, verskeidenheid, aantreklikheid en uitleg.
Prysgelde per afdeling:
- Beginnerstuin: Wenner - R2 500-00 ; 2de R1 000 3de R500
- Gevestigde tuine (blom en/of groente en/of vrugte): Wenner - R1 500, 2de R1 000, 3de R 500
- Groenteboks: Wenner - R1 500, 2de R1 000, 3de R500
- Grasperk: Wenner - R1000, 2de R500, 3de R250
- Sakpas tuinmaak (idee in die kleine): Wenner - R1 500-00, 2de R750, 3de R500
- Besigheidstuin: Wenner – R750 ; 2de R500, 3de R250
Reëls en regulasies:
- 1.Alle afdelings is oop vir alle Orania inwoners, uitwoners sowel as huurders. Vul die registrasievorm in en stuur dit aan die organiseerders, soos aangedui. Of handig dit by besigheid in waar jy dit ontvang het.
- 2.Indien jy onseker is oor die afdeling waarvoor jy moet inskryf kan jy vir Karin Buys by 084 704 2482 vir advies kontak.
- 3.Jy is welkom om iemand anders se tuinwerk per afdeling te nomineer.
- 4.Daar sal uiteindelik drie beoordelaars wees om die uitdaging se wenners aan te wys.
- 5.Die name van wenners sal in die Koerania van Desember 2026 aangekondig word.
- 6.Alle registrasies moet voor 28 Oktober 2026 ingehandig word. Geen laat registrasies sal vir die uitdaging in ag geneem word nie.
- 7.Maak asseblief seker dat ‘n kontaknommer en adres op die registrasievorm aangebring word.
- 8.Geen plastiek of nagemaakte blomme of plante sal vir enige van die afdelings in ag geneem word nie.
- 9.Die beoordelaars se besluit sal finaal wees en geen verdere korrespondensie sal na afloop van die uitdaging toegelaat word nie.
- 10.Beoordelaars behou die reg voor om persone te diskwalifiseer indien hul enige van die reëls en regulasies sou verontagsaam.
- 11.Geen foto’s van u tuin word benodig vir die gratis registrasie nie. Foto’s sal wel gedurende die beoordelingsproses geneem word.
- 12.U registrasie bevestig dat u instem dat die beoordelaars en media met u kennisname u tuin kan besoek en foto’s kan neem.
- 13.U persoonlike data wat op die vorm verskyn word met niemand anders gedeel nie.
- 14.U registrasie bevestig dat u instem dat Koerania foto’s van die tuin en van u as deelnemer mag neem en publiseer.
- 15.Die beoordelaars mag nie aan die uitdaging deelneem nie.
Registreer of nomineer
Stuur voltooide registrasievorms na advertensies@koerania.co.za voor die sluitingsdatum op Woensdag 28 Oktober 2026.
Jy kan ook hier op die webwerf registreer of nomineer. Die handtekening-veld is jou getikte naam en vervang ‘n handgeskrewe handtekening.
