Afrikaanse Gemeenskapskoerant | Koerania

Maandelikse Gemeenskapskoerant

Laat Koerania maandeliks by jou voordeur aflewer!

Jou eie gemeenskapsnuus direk by jou voordeur.

R600-00 vir 12 Maande
Koerania afleweringsseun

Alle Uitgawes

Koerania - September 2026

’n Lewendige September-uitgawe met stories oor Orania se ekonomiese groei, infrastruktuur, gemeenskapslewe, kultuur en mense. Lees meer oor die nuwe teerpad na die Oewer, Fanus Truter se besoek aan Orania en die belang van georganiseerde ekonomiese samewerking, asook Bo-Karoo Opleiding se nuwe ontwikkelinge, Orania se gimnaste se besondere prestasies en die komende Orania Karnaval. Met persoonlike verhale, geloof, geskiedenis, tuinmaak en gemeenskapsnuus bied dié uitgawe ’n interessante blik op ’n gemeenskap wat aanhou bou, groei en saamwerk.

Koerania -Augustus 2026

’n Spesiale Augustus-uitgawe met ’n sterk fokus op Vrouemaand, gemeenskap, ekonomiese groei, opleiding, kultuur en selfwerksaamheid. Lees meer oor Steve Hofmeyr se musiek en sienings, nuwe sakegeleenthede in Orania, Bo-Karoo Opleiding se twee nuwe koshuise, die waarde van eie arbeid, persoonlikheidstipes en die gemeenskap se kreatiewe talent. Die uitgawe vier ook vroue en familie, met stories oor moedige vrouefigure uit die geskiedenis, ’n nuwe tuinuitdaging, sportprestasies en die mense wat Orania se gemeenskap besonder maak.

Koerania - Julie 2026

’n Inhoudryke Julie-uitgawe met stories oor geloof, gemeenskapsdiens, ontwikkeling en die mense wat ’n rol in Orania se toekoms speel. Lees meer oor die Jeugkorps se 2026-uitklaring, Morné en Heaven van der Merwe se besondere besoek aan Orania, Bo-Karoo Opleiding se nuwe era van groei en Groot Geluk en Sonpark se unieke benadering tot bekostigbare behuising. Die uitgawe bevat ook ’n aangrypende getuienis van Isobel Horak, ’n gesprek oor gesonde verhoudings tussen bestuur en personeel, ’n blik op Orania se ekonomiese ontwikkeling en ’n besoek van die Staatsdienskommissie. Verder is daar geloofsbesinning, gemeenskapsnuus en persoonlike verhale wat saam ’n interessante beeld van Orania en sy mense skets.

Koerania - Junie 2026

’n Vars Junie-uitgawe vol gemeenskapsnuus, inspirerende mense, geloof, kultuur en stories uit Orania en die breër Afrikanergemeenskap. Van die Wolhartprojek en die Kaalvoetkonsert tot Bo-Karoo Opleiding, die Borgwardklub, Kleinfontein en die Witkruismonument – hierdie uitgawe vertel van mense en gebeure wat ons gemeenskap se waardes, geskiedenis en toekoms weerspieël.

Koerania - Mei 2026

’n Veelvlakkige Mei-uitgawe met inspirerende mense, geskiedenis, gemeenskapsnuus, geloof, sport en stories van vasbyt. Van Nadia Schietekat se werk om vroue se waardigheid en lewenskwaliteit te herstel, tot die Rebelspoorvasbyt se uitdagende Kalahari-avontuur, jong innoveerders se reis na die Genius Olympiad in Amerika en Jakes Möller se besondere digbundel – dié uitgawe vier mense wat deur kennis, geloof, deursettingsvermoë en kreatiwiteit ’n verskil maak.

Koerania - April 2026

’n Inhoudryke April-uitgawe waarin Orania se 35ste verjaardag, selfbeskikking, gemeenskapsontwikkeling, geloof en opvoeding sentraal staan. Lees meer oor die pioniersjare van Orania, die debat rondom Artikel 235, die nuwe Karoosig-aftreeoord, Bo-Karoo Opleiding se groei en die Bokkietoernooi, terwyl persoonlike verhale, gemeenskapsnuus en ’n sterk fokus op die toekoms van Orania die uitgawe afrond.

Koerania - Maart 2026

’n Gevarieerde Maart-uitgawe met die fokus op Orania se groei, ekonomiese ontwikkeling, toerisme, dienslewering en die mense wat help om die gemeenskap vorentoe te neem. Lees meer oor nuwe ekonomiese inisiatiewe, internasionale besoekers, die ontwikkeling van toerisme, Bo-Karoo Opleiding en die belangrikheid van kwaliteit kliëntediens, terwyl sport, gemeenskapsnuus, geloof en persoonlike verhale die uitgawe afrond.

Koerania - Februarie 2026

’n Gevarieerde Februarie-uitgawe met die fokus op nuwe ontwikkelinge, gesondheid, gemeenskapsdiens, opleiding, geloof, kultuur en die mense van Orania. Lees meer oor die nuwe Orania Gesondheidsorg, BKO se uitgebreide opleidingsfasiliteite, die belangrikheid van goeie kliëntediens, Derrick Venter se entrepreneurskap en Helga Roets se avonture, terwyl taal, musiek, die KKNK en gemeenskapsnuus die uitgawe verder verryk.

Koerania - Januarie 2026

’n Nuwejaarsuitgawe vol hoop, groei en gemeenskapsnuus, met ’n sterk fokus op Orania se planne vir 2026. Lees meer oor nuwe infrastruktuur- en veiligheidsprojekte, Bo-Karoo Opleiding se groei, die uitdagings en geleenthede van ’n verkiesingsjaar, toerisme in Orania en ’n besoekersgesin se liefde vir die dorp. Met nuwejaarsboodskappe, geloof, sport, onderwys en stories oor die mense van Orania bied dié uitgawe ’n blik op ’n gemeenskap wat met doelgerigtheid en vertroue die nuwe jaar aanpak.

Koerania - Desember 2025

Koerania - November 2025

Koerania - Oktober 2025

Koerania - September 2025

Koerania - Augustus 2025

Koerania - Julie 2025

Koerania - Junie 2025

Koerania - Mei 2025

Koerania - April 2025

Koerania - Maart 2025

Koerania - Februarie 2025

Koerania - Januarie 2025

Koerania - Desember 2024

Koerania - November 2024

Koerania - Oktober 2024

Koerania - September 2024

Koerania - Augustus 2024

Koerania - Julie 2024

Koerania - Junie 2024

Koerania - Mei 2024

Koerania - April 2024

Koerania - Maart 2024

Koeranie - Februarie 2024

Koerania - Januarie 2024

Koerania - Desember 2023

Mis Nooit 'n Uitgawe Nie

Elke maand verskyn 'n nuwe uitgawe van Koerania. Volg ons sosiale media of kontak ons om op hoogte te bly van die nuutste nuus.

Skryf In Vir Opdaterings

Kontakbesonderhede

Redakteur

Dia van Staden

083 726 1180

Webwerf

koerania.co.za

Nuwe uitgawes verskyn die derde Vrydag van elke maand.
Kopiesluitingsdatum: 20ste van die vorige maand.

Redaksionele beleid

Junie 2024

Redaksionele beleid

Koerania is 'n trots Afrikaanse gemeenskapskoerant vir Orania en die omliggende gebied, tans 50km radius.

Skryf / Redigeer / Publiseer  ·  Behoefte / Teikenmark / Produk

Wat doen ons:

  • Lig in
  • Voed op
  • Vermaak
  • Bevorder Orania
  • Eie Arbeid / Eie Grond / Eie Instellings
  • Afrikaans / Afrikanerkultuur / Christelik
  • Fokus op akkurate nuus
  • Kritiese waarnemer en nuusverskaffer

Redes vir Koerania se ontstaan:

Koerania het ontstaan weens 'n behoefte daaraan om die gemeenskap se geskiedkundige, aktuele en nuwe stories van inwoners te vertel. Die ryk en soms omstrede geskiedenis van Koerania se 33 jarige bestaan moet vir die nageslag gedokumenteer word.

Koerania se stories sluit onder andere dag tot dag Oraniakwessies, aktuele nuusstories, pionierstories, sakenuus, skolenuus, vermaak en sport in. Die menslike stories van ons mense geniet voorkeur.

Die uniekheid van Orania word deurtentyd uitgedaag en Koerania wil telkens die feite teen dogma of leuens beklemtoon.

Orania Instellings kan baat by 'n medium wat onafhanklik van elke instelling staan en hul mandaat deur advertensies en promosie-artikels bevorder.

Advertensies:

  • Adverteerders vir Koerania word primêr in Orania gewerf
  • Buite-adverteerders word stelselmatig betrek
  • Buitedienste wat gereeld deur Oraniërs gebruik word, word vir advertensies genader (Hopetown / Van der Kloof / Kimberley / Johannesburg / Pretoria)

Sosiale media platforms:

  • www.koerania.co.za
  • Facebook
  • Instagram
  • TikTok

Hoe gaan Koerania dit doen?

Toekomsvisie:

Koerania beoog om die stad tot streekskoerant te wees en bly, en om daardeur Orania se groei te dokumenteer.

Personeelkorps:

Koerania bestaan tans uit:

  • Redakteur en Advertensieverteenwoordiger: Dia van Staden
  • Grafiese ontwerper en Uitlegkunstenaar: Derrick Venter

Privaatheidsbeleid

Hierdie beleid het ten doel om enige besoeker aan die webtuiste (koerania.co.za) van Koerania se beleid rakende die insameling, gebruik, en openbaarmaking van persoonlike data soos versamel wanneer u van die webtuiste gebruik maak en enige besluite wat met daardie data gepaard gaan, in te lig.

Ten doel van hierdie privaatheidsbeleid verwys "platforms" na al Koerania se webwerwe, sosialemediarekeninge, en/of enige ander tegnologie of meganisme wat u mag gebruik om met ons te skakel. "Dienste" verwys na enige inhoud (op die webwerf of elders) wat deur Koerania aangebied, besit, bedryf, of gehuisves word.

Beleid:

Enige inligting wat deur besoekers aan ons verskaf word, mag deur Koerania gestoor word en privaat gebruik word om sekere afleidings rakende ons diens en projek te maak. Sulke inligting mag ook met die onderskeie befondsers van die projek gedeel word, maar sal nie sonder wetlike ondertekening met ander vennote of derdepartye gedeel of verkoop word nie. (Koerania behou wel die reg voor om sekere afleidings met vennote en ander persone binne die Afrikaanse en medialeefwêreld te deel, mits die besonderhede van die inligting anoniem is of soos onder punt 7 bespreek). Inligting versamel sluit in (maar is nie beperk tot): name, vanne, e-posadresse, selnommers, geboortedatums, foto's, woon- en/of posadresse, akademiese inligting, IP-adresse en meer. Hierdie inligting mag versamel word vir kompetisies, registrasies, meningspeilings en meer. Die verbruiker stem hiermee toe dat enige inligting wat met Koerania gedeel word onder die bepalings in hierdie ooreenkoms benut mag word.

Ingesamelde inligting word as vertroulik hanteer. Die Koerania-personeel en diensverskaffers sal slegs met toestemming, of waar vooraf vasgestel is, of waar duidelik vereis word, erkenning aan bronne van inligting gee.

Inligting wat aan Koerania verskaf word, mag gebruik word vir navorsing, beplanning, ondersoeke, sowel as vir die verbetering van die platform en inhoud.

Koerania mag inligting ook om die volgende redes gebruik: Om u in kennis te stel van veranderings in ons diens. Om u in staat te stel om deel te neem aan interaktiewe geleenthede / geleenthede waarvoor privaat inligting benodig word as inskrywing. Om ontleding of waardevolle inligting vertroulik aan die bestuur van die platform te verskaf ten einde sekere afleidings te kan maak. Om die gebruik van die platform te monitor. Om tegniese probleme te identifiseer en reg te stel.

Koerania mag om die volgende redes (alhoewel hierdie lys nie beperkend is nie) met besoekers in kontak tree rakende inligting wat op die platform versamel is: Vir verdere inwin van inligting vir inhoudskepping. Vir terugvoer wat aangevra is deur 'n besoeker. Wanneer 'n persoon interaksie het op enige plasing en Koerania van die opinie is dat so 'n persoon beantwoord moet word. Deur die uitstuur van nuusbriewe (slegs na persone wat spesifiek ingeteken het op hierdie diens). Na afloop van kompetisies om met die wenners in verbinding te tree.

Persoonlike inligting wat deur besoekers aan Koerania verskaf word, kan met 'n derdeparty-diensverskaffer gedeel word ten einde die uitvoer van hul take moontlik te maak. Dit sal slegs gedoen word wanneer sodanige derdeparty-diensverskaffer 'n vertroulikheidsooreenkoms teken wat die entiteit of individu onderhewig maak aan dieselfde bepalings as die waartoe Koerania verbind is.

Besoekers se privaat inligting sal, afgesien van die ander bepalings hier aangedui, slegs aan derdepartye verskaf word indien 'n lasbrief deur die hof tot die effek hiervan uitgereik word.

Koerania bevat skakels na en vanaf webtuistes, mobiele toepassings en/of dienste van derdepartye. Deur op hierdie skakels te klik, of hierdie konneksies te aktiveer, kan derdepartye toegelaat word om inligting oor 'n persoon te versamel en te deel. Let daarop dat hierdie derdepartye nie deur ons geëvalueer is nie, ons geen beheer oor hierdie derdepartye het nie, en nie verantwoordelik is vir die privaatheidspraktyke van sodanige ander partye wanneer u die Koerania-platform verlaat nie. Ons beveel aan dat u die privaatheidsverklarings lees van elke webtuiste wat u besoek en wat persoonlike inligting versamel.

Daar is geen beperking op die tydperk wat Koerania 'n besoeker se inligting mag stoor nie.

Koerania maak gebruik van Google Analytics om sekere verbruikerspatrone te analiseer en inligting rakende demografie in te win. Hierdie statistiek is vertroulik.

Koerania maak van "koekies" gebruik om inligting oor lesers se internetgebruikspatrone te versamel. "Koekies" kan ook gebruik word om lesers se inligting te onthou sodat sekere invulvelde nie herhaaldelik ingevoer moet word nie, sowel as om as metingsinstrument te dien.

Ons kan ons privaatheidsbeleid van tyd tot tyd opdateer of wysig. U word genooi om hierdie beleid gereeld deur te gaan vir enige veranderinge. Wysigings van die beleid is effektief wanneer dit op die webwerf geplaas word.

As u op enige tydstip inligting oor u wil verwyder, kan Koerania direk hiervoor gekontak word.