Koerania Gemeenskapskoerant

Screenshot 2026-03-23 115249
March, 2026

I n die hartjie van Manhattan, waar die wolkekrabbers van New York die hemelruim oorheers, sou mens dalk nie verwag om n passievolle gesprek oor die rooi stof en selfbeskikking van die Karoo te vind nie. Tog is dit presies waar ’n onwaarskynlike, maar kragtige bondgenootskap besig is om wortel te skiet. Die New York Young Republican Club (NYYRC), die grootste en invloedrykste organisasie van sy soort in die Verenigde State, het sy visier stewig op SuidAfrika gerig—en spesifiek op die Afrikaner. Vir Stefano Forte, die president van die klub, en sy kollega Alex, is die verhouding met die Afrikanervolk nie bloot ’n politieke skuif nie, maar ’n diep gewortelde beskawingsverwantskap wat gebaseer is op gedeelde Christelike waardes, ’n liefde vir vryheid en ’n onblusbare pioniersgees. Stefano en Alex sien die Weste as ’n gebou wat op die fo ndasie van die Christendom rus, en in die Afrikaner vind hulle ’n volk wat daardie selfde argitektuur van die siel bewaar. Orania word deur hulle beskryf as ’n kulturele faksie en ’n veilige hawe, ’n plek waar normaliteit nie net gekoester word nie, maar aktief gebou word terwyl die wêreld daarbuite soms lyk of dit besig is om uitmekaar te val. Vir hierdie jong Amerikaanse leiers is die belangrikheid van internasionale alliansies met minderheidsgroepe voor die hand liggend. Hulle glo dat die Afrikaner tans in die brandpunt staan van wat hulle beskryf as “woke”-ideologie en rasse-gebaseerde beleidstukke soos Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB). Volgens Stefano het die VSA hierdie ideologieë uitgevind, maar het Suid-Afrika dit vervolmaak tot ’n punt waar dit ontaard het in wat hy beskou as die vervolging van wit Suid-Afrikaners. Deur van mekaar te leer, glo hulle dat hulle nie die lesse op die harde manier hoef oor te leer nie. Orania dien vir hulle as ’n baken van wat moontlik is wanneer ’n gemeenskap besluit om sy eie lot in die hande te neem. Die missie van die NYYRC onder Forte se leiding is duidelik: om meningsvormers te wees wat die Republikeinse Party na regs dwing en die gesprek verskuif na temas wat die establishment dikwels probeer vermy. Hulle is nie net besig om kandidate vir die staatsenaat en plaaslike regering te werf nie maar bou ook aan ’n internasionale koalisie van regse jeuggroepe wat mekaar kan ondersteun. Hulle werk aktief op die internasionale front en het reeds bande gesmee tydens die Lex Libertas-konferensie in Suid-Afrika. Een van hul mees tasbare projekte is hul betrokkenheid by die bewusmaking van plaasmoorde. Hulle sien hulself as vennote in die proses om die brutaliteit van hierdie misdade onder die aandag van die Amerikaanse Kongres te bring. Forte is oortuig dat die gewone Amerikaanse publiek geskok sal wees as hulle die volle omvang van die geweld verstaan, en hy gebruik sy platform om te verseker dat hierdie stemme gehoor word. Stefano Forte self is ’n man van kontraste. Sy dag begin tipies met gebed en die lees van die Ortodokse kalender, ’n ritueel wat hom anker voordat hy Manhattan aandurf. Hy is ’n uitvoerende direkteur van ’n politieke aksiekomitee, betrokke by fondswerwing vir skoolrade, en ’n flukse leser. Sy besoek aan Orania het hom egter met meer as net politieke indrukke gelaat; hy het daar met ’n pyp met Paul Kruger se gesig daarop vertrek, ’n simbool van sy nuutgevonde vriendskap met figure soos dr. Ernst Roets en Joost Strydom. Alex, aan die ander kant, bring die skerpsinnigheid van ’n beleggingsbankier na die span. Hy erken dat hy aanvanklik min van Orania geweet het, maar was verstom oor die vlak van ontwikkeling, veral instellings soos Bo-Karoo Opleiding en die CVO-skool. Vir hom was die veiligheid vir kinders en die afwesigheid van die verstikkende privaat sekuriteit wat Pretoria en Johannesburg kenmerk, ’n vars briesie— iets wat hom herinner het aan klein dorpies in die Amerikaanse Suidweste. Die gesprek oor Suid-Afrika se toekoms is vir hierdie Amerikaners een van erns. Die NYYRK ondersteun ’n vyfpuntplan vir die land en glo dat ’n funksionele Suid-Afrika noodsaaklik is vir die streek. Hulle is egter krities oor die huidige regering en die manier waarop omstrede uitroepe soos “Kill the Boer” hanteer word. Vir Forte en Alex is dit nie bloot politieke retoriek nie, maar ’n direkte oproep tot geweld wat veroordeel moet word, ongeag die uitsprake van plaaslike howe. Hulle hoop om die toekomstige