
Orania is ’n gemeenskap gevorm rondom die ideaal van selfbeskikking. Ieder en elk van ons wat in Orania woon het met die opneem van ons verblyfreg onderneem dat ons hierdie ideaal van selfbeskikking ondersteun.
Vir die rede oor hoekom ons hierdie ideaal nastreef, stel dr. Wikus Buys die doel soos volg: Om as verloste volksgemeenskap die besluite tot vrye aanbidding te maak en plekmatig uit te voer. Diegene wat die oogmerk van selfbeskikking reg verstaan sal dan ook verwys na “vryheid tot…” en nie “vryheid van…” nie.
Prof. Koos Malan beskryf selfbeskikking vanuit ’n regsoogpunt soos volg: Selfbeskikking impliseer (…) die reg van ’n gemeenskap om (deur sy verteenwoordigers) en rakende aangeleenthede wat die gemeenskap se belange raak wetgewende besluite te neem en dit af te dwing. Dit impliseer noodwendig die een of ander vorm van selfregering, wat in staatsregtelike sin veral wetgewende (en uitvoerende) bevoegdhede omvat.
Maar wat beteken hierdie reg op selfbeskikking? Kan ons dit prakties in Orania toepas?
Om eerlik en realisties te wees
Selfbeskikking is ’n regskonsep. Ingevolge die reg is daar sekere voorwaardes en vereistes waaraan ’n volk moet voldoen, indien daardie volk eerlik en realisties oor hul ideaal om selfbeskikking te bereik, wil wees. Indien ons hier in Orania ernstig is oor selfbeskikking, moet ons bereid wees om die praktiese vereistes en stappe daartoe soos dit in die internasionale reg gevind word deur te voer. Indien ons egter nie selfbeskikking as strewe binne die geldende reg uitbou nie, is ons eenvoudig nie met selfbeskikking besig nie. Dan is ons eintlik oneerlik.
Ons kan dus nie sê ons streef die ideaal van selfbeskikking in Orania na as ons nie eerlik en opreg die vereistes wat hierdie reg stel, nakom nie.
Ons moet nie slegs eerlik wees nie, maar ook realisties: Vir ’n ideaal om suksesvol te wees is dit nodig dat dit vanuit die realiteit en met ’n verrekening van die realiteit gebou word. Anders bly drome bloot drome en word nie later die werklikheid nie. Die realiteit is dat ons as Afrikaners die politieke mag in Suid-Afrika verloor het. Daar is vir Afrikaners werklike en wesenlike ekonomiese- en politieke faktore wat ons nie kan ontken of ignoreer nie. Orania se strategie word berekend gegewe hierdie realiteit waarmee Afrikaners te make het in werking gestel. Orania vestig en bou ’n gemeenskap wat die werklikhede van die dag verreken.
Indien ons nie realisties oor die werklikhede van ons tyd is nie, maar veral nie eerlik met die regsvereistes en voorwaardes van selfbeskikking omgaan nie, kan en mag ons nie dan voorgee dat ons selfbeskikking nastreef nie. Byvoorbeeld, ’n ingesteldheid om die regskonsep “selfbeskikking” te misbruik as ’n manier om eintlik na apartheid terug te hunker, is nie selfbeskikking nie. Selfbeskikking is niks minder as ’n proses nie, nie ’n toekomstige oomblik nie, waar ons stap vir stap moet bou na ’n groter vlak van selfbeskikking. Daarmee is Orania reeds besig.
Wat is die regsvereistes vir selfbeskikking?
Om hierdie vraag te beantwoord, is dit eers belangrik dat ons moet kennis neem dat “eksterne” selfbeskikking, dus waar ’n nuwe staat ontstaan, hoogs uitsonderlik voorkom. Daar is streng voorwaardes daarvoor en beperk die regsbeginsel dat state se territoriale integriteit beskerm en in standgehou moet word die vorming van nuwe state. Met “interne” selfbeskikking, dus waar volke oor hul eie sake outonomie kan uitoefen en steeds deel van die groter staat vorm, kom meer algemeen voor. Onder vreedsame omstandighede spring geen volk van niks na alles nie en is die roete van interne selfbeskikking in ieder geval, ingevolge die reg, die roete wat jou uiteindelik na eksterne selfbeskikking neem.
Die reg op selfbeskikking is ’n internasionaal-erkende reg, maar kom ook in ons nasionale reg (sien hier art. 235 van die Grondwet) voor. Hierdie reg word egter beperk, het vereistes en voorwaardes en vereis veral dat ons dit moet “opneem” in plaas van om te dink ons kan dit maar net “ontvang”.
Die regsvereistes waaraan ons (met die fokus op Orania) moet voldoen, kan in die vorm van ’n kernvereiste weergegee word:
Selfbeskikking kan deur ‘n groep mense met ‘n gedeelde kultuur en taal, wat ‘n minderheid in ‘n staat vorm, maar ‘n meerderheid in genoegsame getalle in ‘n bepaalde gebied uitmaak, opgeneem word; met die volgende voorwaardes:
wetgewing).
geloofwaardigheid geniet.
Wat beteken hierdie kernvereiste op ’n praktiese vlak?
Die regsvereistes vir die reg op selfbeskikking is in wese prakties op ons hier in Orania van toepassing. Dit dien as goeie riglyn oor wat ons moet doen, maar ook wat ons nie moet doen nie:
Om ons ideaal eerlik uit te leef, moet ons:
Ten laaste: Ons moet hierdie kernvereiste eerlik uitleef, maar in geloof. Daarsonder beteken al ons pogings in ieder geval niks. Geloof gee aan ons die hoop en volharding om hierdie grootse, maar edele ideaal, suksesvol na te streef.