
Luca en Lapa Uitgewers het Koerania bederf met pragtige boeke wat nou deur een van ons aktiewe lesers gewen kan word. Stuur vir ons 'n heerlike storie wat jou vakansie opgekikker het en tot groot pret gelei het?
Reëls: • Kies 'n titel vir jou storie. • Maksimum 200 woorde. • Stuur jou getikte storie na redakteur@koerania.co.za voor of op Vrydag 7 Februarie. • Die wenstorie sal in die Koerania van 14 Februarie geplaas word. • Goeie taalgebruik sal waardeer word.
Hierdie boeke kan gewen word met jou lekker vakansiestorie van 200 woorde! Drie Romanzas: 'n Kersboom van hout (Elsa Winkler), 'n Kersfeeskomplikasie (Dina Botha) en Huis toe vir Kersfees (Madelie Human). Lewensgidse vir vroue en mans deur Aletté en Heinz Winkler. 'n Kinderboek: Lea gaan skool toe deur Suléka Smit en Johann Strauss.




