← Kultuur

· Deur Koerania-redaksie

Dansskole vat hande vir ‘n tydlose dansfees

Hierdie jaar het die geleentheid homself kom aanmeld.

Slier Steenkamp in haar uitrusting vir die Tiroolse Nasionale Dans
Slier Steenkamp in haar uitrusting vir die Tiroolse Nasionale Dans

Vandat Michelle Meiring 8 jaar gelede in Orania begin klasgee het, het sy gedroom oor die idee om eendag die dansskole van Orania in een groot vertoning bymekaar te bring. Hierdie jaar het die geleentheid homself kom aanmeld. Sy het die dansskole genader, en 3 van die 4 het ingestem om deel van die konsert te wees. Die een dansskool het reeds hul eie konsert gereël en daarom kan hulle nie deelneem nie. Miskien volgende jaar? Daar is dus 4 dansskole wat die tema "Dans deur die Dekades”, gaan uitbeeld. Die musiek sal elke toeskouer laat onthou en die danspassies sal die voete laat jeuk. Daar wag heerlike variasie met gimnastiek en akrobatiese danse, lyndanse, baldanse, ballet en sommer ook ietsie van alles tussendeur. Die kinders het ongelooflike pret om die verskillende eras se bewegings te leer en die musiek te geniet terwyl die choreografie ingeoefen word. Ons hoop om elke Oraniër daar te sien!

Voorblad van Koerania - Oktober 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Oktober 2026, bladsy 14

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar