← Nuus

· Deur Koerania-redaksie

Waardevolle skakeling met die VSA

Riaan Jacobs en Joost Strydom kon nie teenwoordig wees nie, aangesien hulle reeds saam met 'n Orania afvaardiging in Europa vir skakelbesoeke is.

Waardevolle skakeling met die VSA – foto 1

Dr Carel Boshoff, die onder-voorsitter van die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) het Woensdagaand aan 'n gepakte ouditorium terugvoer gegee in verband met die afvaardiging se onlangse VSA-besoek. Riaan Jacobs en Joost Strydom kon nie teenwoordig wees nie, aangesien hulle reeds saam met 'n Orania afvaardiging in Europa vir skakelbesoeke is. “Ons was bekommerd dat die besoek 'n teiken op die rug van Orania sou plaas, maar in groot oorleg is dit oorweeg en met hoogstaande ontleders bespreek en gegewe die omstandighede, moes ons die kwessie versigtig benader.” Tot dusver voel die span dat die strategie goed gewerk het. Hy vertel dat die groep, wat dr Ernst Roets ingesluit het, uiters vriendelik in New York deur die New York Young Republicans en ander invloedryke persone en instansies ontvang is. Daar word met trots vertel dat die getekende Orania vlag 'n ereplek in die saal van die NYYR sal kry. “Ons sou geleenthede gemis het en afsprake was effektief. Ons is bly dat ons min gekommunikeer het terwyl ons daar was. Diplomasie is nie 'n openbare saak nie. Die uitkoms mag dalk later openbaar gemaak word. Ons het nie slegs diplomasie beoefen nie, maar dit was tweede baan diplomasie,” verduidelik dr Carel. Daar was verskeie dinkskrums waar strategieë genoem is. “Ons dink ons het daarin geslaag om 'n tweede besoek te bewerkstellig. Waar ons amptelik met mense gepraat het is die Afrikaner se belange bespreek. Die VSA wil graag die Afrikaners in hul land hê. Ons kannie opgee op ons mense nie en ons wil hul nie laat gaan nie. Dit is nie Orania se doel nie. Die Afrikaners word goed verstaan en goed ondersteun in die VSA.” Dr Boshoff verduidelik dat verandering 'n prys het. Die feit dat Afrika se grense op kunsmatige wyse getrek is en herstel verdien het hy beklemtoon. “Die hele Afrika kan daarby baat.” Hy dui met oortuiging aan dat dié nie leunstoel politiek is nie, want ons wil nie ons ideaal of Vryheid prysgee nie. “Dit is 'n gewigtige saak.” Lida Strydom, Burgemeester, voeg by: “Dit het veerkragtige diplomasie gekos om 'n goeie boodskap oor te dra.”

Waardevolle skakeling met die VSA – foto 2
Voorblad van Koerania - April 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – April 2025, bladsy 2

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar
Foto by die berig: Kortliks – Oktober 2026
Nuus/

Kortliks – Oktober 2026

Die verdere ontwikkeling van die Karoosig-aftreeoord in Orania vorder goed. Elf bykomende woonstelle word beplan en konstruksie daaraan het reeds afgeskop.

Deur KoeraniaLees berig
Foto by die berig: Orania-pad vorder
Nuus/

Orania-pad vorder

Die randstene word tans gelê en die Orania Stadsboufonds se Oewerpad-projek het ’n nuwe fase betree.

Deur KoeraniaLees berig