← Nuus

· Deur Koerania-redaksie

OVR-verkiesing 4 November

Op 4 November 2026 vind ons eie verkiesing vir die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) weer plaas.

Op 4 November 2026 vind ons eie verkiesing vir die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) weer plaas. Ons kies agt kandidate wat die Groter Orania vir die komende termyn sal verteenwoordig. Indien jy ouer is as 18 jaar en minstens reeds drie maande in Orania woon is jy stemgeregtig. Maak dus seker dat jou naam op die kieserslys verskyn. Die lys is daagliks vanaf 8:30-12:30 en 13:30-15:30 beskikbaar by die Orania Poskantoor. Om ‘n stabiele Orania te hê wat ernstig is oor vryheid moet ons seker maak dat ons betroubare kandidate kies. Kandidate behoort • oor die nodige kundigheid en ervaring te beskik • verantwoordelik, nugter en onafhanklik te kan oordeel • hard te kan werk • konstruktief met ander te kan saamwerk • sensitiewe sake met die nodige omsigtigheid te kan benader • werklik ernstig wees oor vryheid vir Afrikaners. Rig enige navrae aan oraniaverkiesingskommissie@gmail.com of 082 338 9569 kan geskakel word.

Voorblad van Koerania - Oktober 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Oktober 2026, bladsy 10

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar