← Nuus

· Deur Koerania-redaksie

Orania-pad vorder

Die randstene word tans gelê en die Orania Stadsboufonds se Oewerpad-projek het ’n nuwe fase betree.

Orania-pad vorder – foto 1

Die randstene word tans gelê en die Orania Stadsboufonds se Oewerpad-projek het ’n nuwe fase betree. Dié teerpad sal toegang tot een van Orania se toerismegebiede verbeter. Toerisme is een van Orania se grootste ekonomiese groeipunte. Duisende mense besoek Orania jaarliks. Hier is hoe jy kan help om die volgende stuk pad te bou: Borg ’n vierkante meter of meer en word deel van iets wat bly staan. Jy ontvang die koördinate van jou eie blokkie, asook opdaterings oor die pad se vordering. So kan jy sien hoe jou bydrae ’n verskil maak. Besoek bou.orania.co.za en help Oraniërs om die pad klaar te bou!

Voorblad van Koerania - Oktober 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Oktober 2026, bladsy 10

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar