← Nuus

· Deur Koerania-redaksie

Kortliks – Oktober 2026

Die verdere ontwikkeling van die Karoosig-aftreeoord in Orania vorder goed. Elf bykomende woonstelle word beplan en konstruksie daaraan het reeds afgeskop.

Kortliks – Oktober 2026 – foto 2

Karoosig-aftreeoord ontwikkel

Die verdere ontwikkeling van die Karoosig-aftreeoord in Orania vorder goed. Elf bykomende woonstelle word beplan en konstruksie daaraan het reeds afgeskop. Karoosig-aftreeoord ontwikkel verdere behuising sodat ouer persone met gemoedsrus in Orania kan vestig, aangesien hul toegang tot voltydse versorging, dienste en veiligheid sal hê. Eie arbeid vir ons eie mense!

Willie verteenwoordig VF Plus

Willie Spies is op 10 Oktober as die VF Plus se streeksleier in die Groter-Pretoria streek aangewys. Hy sien uit na 4 November en glo inderdaad dat die Tshwane Metroraad nooit weer dieselfde gaan wees danksy 'n groter en sterker VF Plus wat dan deel van 'n splinternuwe stadsregering gaan wees.

Kortliks – Oktober 2026 – foto 1
Voorblad van Koerania - Oktober 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Oktober 2026, bladsy 10

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar