← Sake

· Deur Johan Coetzee

Wes en Noord-Kaap pekanboere se metodes verskil

Die Wes-Kaap se pekanneute produseer heelwat vroeër as die Noord-Kaap se boorde waar daar van 6 tot 8 jaar gepraat word.

Wes en Noord-Kaap pekanboere se metodes verskil – foto 1

Die Wes-Kaap se pekanneute produseer heelwat vroeër as die Noord-Kaap se boorde waar daar van 6 tot 8 jaar gepraat word. Tydens Johan Coetzee, direksielid van die A-Z Pekanneutkonferensie wat jaarliks in Orania aangebied word, se soektog die afgelope paar jaar met sy "Padlangs Wes-Kaap Toer" het hy by 'n paar produsente gedraai. Eric en Willem van Zyl op Vredendal, Rassie de Beer van Sandfontein en Peter Micklem en Jaco van Bonnievale was op die besoeklys en kon Johan daar die verskille navors. Tydens die toere het hy die kwessies nagevors wat veroorsaak dat Pekanbome reeds op 14 maande 50 tot 100 neute per boom dra. Johan het die volgende oorsake identifiseer: 1. Die gronde in die Wes-Kaap se pH is in die omgewing van 5 tot 6 wat tot gevolg het dat die bome al die Mikro-elemente maklik kan opneem en veral nie 'n groot Zn tekort het wat groei strem nie. 2. Daar word geen of slegs minimum snoei toegepas. Amerikaners sê "Pruning keeps a tree a juvenile” en dit beteken dat die onderste takke ook vroeg volwasse is en neute kan produseer. 3. Hoë digtheid aanplantings van 5 x 5 en 6 x 6 of windbreke waar bome 3 meter van mekaar geplant word is algemene praktyk. Die sonlig per hektaar word ten volle benut en vroeg omgeskakel in hoër produksie per hektaar. 4. Die klimaat verskil heelwat van Wes-Kaap na Noord-Kaap en hy het opgemerk dat die nagte heelwat koeler is, wat moontlik die omskakeling van suikers kan bevorder. 5. Dit is 'n winter reënvalgebied en dit kan tot voordeel wees dat minder swamme tydens die groeiseisoen kan voorkom. 6.Die Wes-Kaap, waar Johan besoek afgelê het, is rypvry, wat tot gevolg het dat laatryp en vroeë ryp nie die groei van die bome belemmer nie. Johan het bevind dat daar verskeie van die verskille wat in die Wes-Kaap aangewend word, ook in die Noord-Kaap gebruik kan word om vroeër produksie te verkry. Volgens hom produseer pekanneute op eerstejaarshout (groen loot) wat uit tweedejaarshout (laas seisoen se loot) goed, net soos wingerde. Wingerd wat nou in die Wes-Kaap uitgekap word kan suksesvol vervang word met Pekanneute. Sy voorstelle is Wichita 80%, Pawnee 10% en Western 10%. Sluit aan by die PBSA Facebookblad of kontak Johan Coetzee by 082 577 4981.

Voorblad van Koerania - Julie 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Julie 2025, bladsy 9

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar
Foto by die berig: Wes-Kaap kenner kom kuier
Sake/

Wes-Kaap kenner kom kuier

Abri Ferreira, President van die Oudtshoorn Besigheidskamer, het Orania onlangs besoek en die feite rondom die hantering van B-BBEE vir kleinsake aangespreek.

Deur KoeraniaLees berig