
Die einde van die semester kom nader, en daarmee saam ook die einde van BKO se Landbou-tweedejaars se tyd op kampus. Soos die tradisie voortsit, bou die studente jaarliks hul eie klipkoeie uit herwinde materiaal — ’n kreatiewe projek wat praktiese vaardighede en innoverende denke aanmoedig. Ons is baie opgewonde om te sien waarmee hierdie jaar se studente vorendag gaan kom. Jy kan ook 'n klipkoei op die Leer-My-Hoe Proefplaas laat wei aan die einde van jou landbou studies by BKO! Skryf vandag nog in vir een van die drie nuwe kwalifikasies wat aangebied word in 2027!




