
Winterswem se bibber-effek
Byna veertig dapper Oraniërs het op 4 Julie 2026 die ysige Oranjerivier getrotseer vir die jaarlikse Midwinterswem. Ná ’n minuut in die koue water het die groep heerlike roosterkoeke om ’n warm vuur geniet het.
Staatsdienskommissie besoek Orania 'n Afvaardiging van die Staatsdienskommissie (PSC) het Orania besoek om die gemeenskap se unieke munisipale bestuur- en ontwikkelingsmodel te bestudeer om dienslewering te verbeter. Die kommissarisse was beïndruk deur Orania se oplossingsgerigte benadering en plaaslike ekonomiese sukses. Volgens die PSC kan lesse oor gemeenskapsdeelname en selfstandigheid in Orania ander dorpe en landelike gemeenskappe regoor Suid-Afrika help versterk.
Noodalarm word voortaan maandeliks getoets Orania Veiligheidsdienste (OVD) sal voortaan elke eerste Maandag van die maand net voor 12:00 die dorpsalarm en 'n toetsberig op Radio Orania toets om paraatheid te verseker. Inwoners wat die sirene hoor, moet dadelik na Radio Orania luister vir noodinstruksies. Amptelike kennisgewings sal in regte noodgevalle ook op goedgekeurde aanlyn- en sosiale media-kanale gedeel word.
Verkeersreëls geld Alle Suid-Afrikaanse verkeersreëls geld ook in Orania en word streng deur die Orania Veiligheidsdienste gepolisieer. Inwoners word herinner om spoedgrense te gehoorsaam en by stopstrate te stop. Oortreders staar boetes in die gesig. OVD waarsku veral teen die gevaarlike vervoer van kinders op skote of bakkierande, wat as nalatige bestuur geklassifiseer word.




