← Kultuur

· Deur Koerania-redaksie

Woordfees: waar baie meer as woorde gedeel word

Die Woordfees word sedert die jaar 2000 in Stellenbosch aangebied.

Suzanne Paxton (RSG), Contessa Kruger (Herlaai), Riaan Grobler, skrywer en Dia van Staden het ‘n vinnige gesels oor elkeen se belewenis van die fees ingepas.
Suzanne Paxton (RSG), Contessa Kruger (Herlaai), Riaan Grobler, skrywer en Dia van Staden het ‘n vinnige gesels oor elkeen se belewenis van die fees ingepas.

Die Woordfees word sedert die jaar 2000 in Stellenbosch aangebied. Koerania het gaan DEEL in die kuns, kos en kultuur van dié unieke fees. Saartjie Botha, Direkteur van die fees, skryf in haar boodskap: “Dit bly 'n voorreg om die Woordfees jaarliks op Stellenbosch aan te bied, in 'n landskap vol skoonheid en vooruitgang, maar ook met 'n sigbare herinnering dat dit nie met almal ewe goed gaan nie. 'n Fees bly 'n wonderlike platform om diskoers te voer, in te lig en te mobiliseer.” So tussen die studente van die Universiteit van Stellenbosch word daar met musiek, woorde, klanke, kos, kernvrae en kopskuiwe gedeel. 'n Lywige program laat geen ruimte vir onsekerheid wanneer daar gekies moet word wat 'n individu wil bywoon of deel van wil wees nie. Koerania het kontak gemaak met skrywers, bemarkers en 'n goeie skeut gesprekke met vroue van die omgewing gedeel.

Leon van Nierop en Riaan Grobler, albei skrywers, het tyd gemaak vir ‘n gesprek oor hulle bedryf wat steeds ruimte laat vir kreatiwiteit. Dia van Staden, redakteur van Koerania, het ‘n gesprek bygewoon waar dié 2 manne en Chanette Paul oor hulle vermoë gesels het om die lesersgehore nuuskierig te maak vir hulle volgende stories.

Voorblad van Koerania - Oktober 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Oktober 2025, bladsy 11

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar