← Gemeenskap

· Deur Dia van Staden

Waarom Orania? Carel Boshoff IV oor selfbeskikking – Desember 2025

Dr Carel Boshoff IV is die seun van professor Carel Boshoff, kleinseun van Hendrik Verwoerd en was tussen 2007 en 2019 voorsitter van die Orania Beweging.

Waarom Orania? – foto 1

Dr Carel Boshoff IV is die seun van professor Carel Boshoff, kleinseun van Hendrik Verwoerd en was tussen 2007 en 2019 voorsitter van die Orania Beweging. Hy is tans die hoof van die Vryheidstigting, voorsitter van die FAK direksie en beklee Akademia se NP van Wyk Louwe-ereleerstoel in Kultuurstudie. Twee nuwe skrywes uit sy pen het pas die lig gesien. Waarom Orania? 'n Uiteensetting en oproep: Dié maklik leesbare boekie beantwoord vrae wat vir meer as 30 jaar steeds gevra word. Binne die 25 bladsye word vrae soos waar Orania in die geskiedenis inpas en waarom Orania noodsaaklik is, beantwoord. In die laaste hoofstuk verduidelik dr Boshoff sekere terme wat noodsaaklik is om die Afrikaner en ons volk se samestelling beter te verstaan. Hy skryf onder andere oor 'n volk: 'n

Groot genoeg groep mense wat bewustelik en breedweg dieselfde taal, kultuur, geskiedenis, geloof en ervarings deel, om na hulle gemeenskaplike behoeftes om te sien en oor hulle eie sake te besluit. Ander terme wat uitgelig word is kultuur, identiteit, etnisiteit, tradisie, taal en herkoms – alles terme wat steeds misverstande tussen mense laat ontstaan. Hy het moeite gedoen om 'n engelse brief aan 'n kritiese vriend te skryf waarin hy dit regkry om op 'n empatiese, maar kritiese wyse na die samestelling van Orania te verwys. Orania – But Why? A letter to a critical friend is die tweede boekie. Daar word verder geskryf oor waarom die Afrikaner so geheg is aan Suid-Afrika, die wenners en verloorders binne 'n demokrasie en roeping en verantwoordelikheid word uitgelig. “Orania dra 'n fakkel deur die geskiedenis,” bevestig hy. Dié twee boekies word by die kantoor van die Vryheidstigting te koop aangebied.

Waarom Orania? – foto 2
Voorblad van Koerania - Desember 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Desember 2025, bladsy 4

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar