← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Volkskool se Senaat vir 2025 tree aan

Franco Coertze is onlangs as voorsitter van Volkskool Orania se Senaat vir 2025 aangewys met Corrie Badenhorst as onder-voorsitter.

Franco Coertze en Corrie Badenhorst.
Franco Coertze en Corrie Badenhorst.

Franco Coertze is onlangs as voorsitter van Volkskool Orania se Senaat vir 2025 aangewys met Corrie Badenhorst as onder-voorsitter.

Dié 2 leiers is dit eens dat woorde wek, maar voorbeelde strek. Vir hulle is respek, hulpvaardigheid en goeie manière kwaliteite wat hulle wil oordra en kweek tydens hul termyn as lede van die Senaat. Daar word heelwat projekte beplan waardeur hulle hulp wil verleen aan dieresorg en hulle wil onder leiding van oom Jacob Middel groente plant om aan die gemeenskap vars groente te verskaf.

Hulle sal Volkskool weer as ‘n skool kies, want dit is hier waar hulle vriendskapsbande gebou het wat vir altyd sal hou en waar hul teen hul eie tempo kon studeer. “Leeropsies het daartoe bygedra dat ek baie meer van myself geleer het,” voeg Franco by. Hulle boodskap aan toekomstige leerders: “Volkskool vorm kinders om hul beste self te word.”

Voorblad van Koerania - November 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – November 2024, bladsy 15

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar