
LOXTON SE GEMEENSKAP HOU FEES Die eerste Vier Seisoene Fees is op 11 en 12 Oktober in Loxton aangebied. ‘n Heerlike ete by die Proerestaurant die Vrydagaand is deur ongeveer 80 persone geniet. Bekende sangers het die Saterdag by Die Skuur opgetree. Onder hulle was Anriëtte Norman, Wicus van der Merwe, Koos Kombuis, Gian Groen en Juanita du Plessis. Hanlie Bekker, organiseerder en eienaar van die venue, vertel dat dit die eerste fees was, maar dat ‘n klein dorpie soos Loxton baie potensiaal toon omdat hul ‘n ywerige gemeenskap het. Foto: Anriëtte Norman




