← Sake

· Deur Koerania-redaksie

Toffiewinkel se mense

Alhoewel toffies steeds hul unieke en baie gewilde produk vir inwoners en besoekers is, bied hulle al 'n padstalverskeidenheid by die nuwe winkel aan.

Toffiewinkel se mense – foto 1

Toffiewinkel se mense… Joelean en Jan Snyder is sinoniem met die toffiewinkel en staan lank reeds as oom en tannie Toffie bekend. Alhoewel toffies steeds hul unieke en baie gewilde produk vir inwoners en besoekers is, bied hulle al 'n padstalverskeidenheid by die nuwe winkel aan. Hulle geniet sukses met die verkoop van biltong wat stokkies, blare, geelvet stukke, droë wors en gedroogde spek insluit. Tussen die rakke vind toeriste ook koekies, beskuit, keur ingelegde produkte, droë vrugte, neute en brand- en geursouse. Gaan kuier gerus by die toffie- en kafeefamilie!

Voorblad van Koerania - Desember 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Desember 2025, bladsy 9

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar