
Die KANSVATTER 2025 redenaarskompetisie is terug en groter as ooit! Ná die sukses van verlede jaar se kompetisie, waar meer as 'n duisend sprekers hul redenaarsvernuf getoets het, bied KANSVATTER weer 'n platform vir jong sprekers om hul stemme te laat hoor en hul vaardighede te slyp. 'n Kompetisie vir die Kansvatters van Vandag KANSVATTER is méér as net 'n redenaarskompetisie – dis 'n geleentheid om selfvertroue te bou, logiese denke te ontwikkel en 'n stem in die wêreld te kry. In 'n tyd waar kommunikasie en oortuiging noodsaaklik is, bied hierdie kompetisie 'n unieke kans vir jong redenaars om hul talent op die proef te stel en te slyp. KANSVATTER bied 'n platform vir beide ervare en onervare sprekers – 'n kans om in Afrikaans of Engels, individueel of in spanne, deel te neem en selfvertroue in 'n ondersteunende omgewing te bou. Wie kan inskryf? Alle leerders van Graad 1 tot 12 is welkom. Deelnemers kan inskryf vir individuele of span-redenaars, voorbereid of onvoorbereid. Waarom KANSVATTER? KANSVATTER is die kompetisie met die deeglikste terugvoer – 'n unieke kans om as spreker te groei en jou talent na die volgende vlak te neem. Dit is nie net 'n geleentheid nie – dis 'n pad vorentoe vir die sprekers van die toekoms! Sluit aan en vat 'n kans! Kom staan op die verhoog, wees 'n stem wat saak maak – word 'n KANSVATTER! Kontak Petrus Jacobs by https://petrusjacobslive.co.za/kansvatter-2024/ of stuur 'n WhatsApp na 082 822 5233 vir besonderhede.




