← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Pieter Loots: Die krag van deelnemende kommunikasie in Orania

Pieter Loots se primêre doelwit in die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) is die bevordering van beter kommunikasie tussen leierskap en die gemeenskap.

Pieter Loots: Die krag van deelnemende kommunikasie in Orania – foto 1

Pieter Loots se primêre doelwit in die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) is die bevordering van beter kommunikasie tussen leierskap en die gemeenskap. Hy glo nie besluite moet van bo af kom nie, maar dat leiers en inwoners in 'n konstante gesprek moet wees om te verseker dat almal se idees en bekommernisse verreken word. “Hierdie is die essensie van 'n deelnemende gemeenskap,” verduidelik hy. Vir Pieter moet die OVR aktief leiding gee oor hoe kwessies soos die hantering van nasionale en internasionale media, om te voorkom dat inwoners se standpunte misbruik word. Wanneer vrae en kwellinge uit die gemeenskap opduik, moet die leierskap dit bespreek en met die beswaardes in gesprek tree. Dit is die manier om agterdog op te los en te verseker dat besluite met die volk se vryheidstrewe belyn is. Hy beklemtoon dat volkstaat en stadsbou gelyktydig moet gebeur. Alhoewel die stad noodsaaklik is, is 'n stadstaat alleen nie die volledige oplossing nie; 'n territoriaal-gebaseerde streek is belangrik om dienste en voedsel aan die stad te kan voorsien. Hy sien die huidige groeifase as opwindend, met toenemende verblyfregaansoeke, meestal van die Wes-Kaap af. Hy waarsku egter teen skadelike negatiewe kommentaar op sosiale media, wat die groei van die projek strem. Hy glo Orania het die ideologiese stryd gewen en betaal 'n premie vir Vryheid wat baie minder is as die veiligheidskoste elders in Suid-Afrika. Die pad vorentoe lê in die finalisering van die OVR se Grondwet. Hierdie deurlopende proses sal deursigtig wees, met die insette van kenners en die breë gemeenskap. Loots glo vas die Here het Orania gestuur: "Ek sien geen ander langtermyn volhoubare oplossing nie. Orania is die hartland!“

Voorblad van Koerania - Oktober 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Oktober 2025, bladsy 5

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar