← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Ons Paradys Tuinuitdaging ’26

Is jy ‘n beginner wanneer daar oor tuinmaak gesels word, of dink jy meer met jou beursie sodat daar prakties gewerk kan word om jou eie lushof te skep?

Is jy ‘n beginner wanneer daar oor tuinmaak gesels word, of dink jy meer met jou beursie sodat daar prakties gewerk kan word om jou eie lushof te skep? Koerania is ‘n gemeenskapskoerant wat daarna uitsien om weer die gemeenskap se kreatiewe verskeidenheid te sien wanneer dit by tuinmaak kom. Die Ons Paradys Tuinuitdaging skop nou af en registrasies sal tussen nou en 28 Oktober 2026 verwelkom word. Indien daar ‘n buurman of buurvrou se tuin is wat jou aandag trek, is jy welkom om daardie tuin en die samesteller daarvan te nomineer. Deelnemers van alle ouderdomme word verwelkom. Die wenners in onderskeie afdelings sal tydens ‘n spesifieke geleentheid aangekondig word.

Vir watter afdeling of afdelings registreer jy?

Beginnerstuin - Nie ouer as 3 jaar nie

Gevestigde tuine

Groenteboks / Groentetuin / Pallettuin / Vertikale tuin

Grasperk

Sakpas tuinmaak (idee in die kleine)

Besigheid se tuin

Die skakel na die registrasievorm sal in Septembermaand se Koerania beskikbaar gestel word.

Reëls en regulasies:

1. Alle afdelings is oop vir alle Orania inwoners, uitwoners en huurders, solank die tuin in Orania beskikbaar is vir besigtiging. 2. Indien jy onseker is oor die afdeling waarvoor jy moet inskryf kan jy Karin Buys kontak vir advies. 3. Jy is welkom om iemand anders se tuinwerk per afdeling te nomineer. 4. Daar sal uiteindelik drie beoordelaars wees om die uitdaging se wenners aan te wys. 5. Die name van wenners sal in die Koerania van Desember 2026 aangekondig word. 6. Alle registrasies moet voor 28 Oktober 2026 ingehandig word. Geen laat registrasies sal vir die uitdaging in ag geneem word nie. 7. Geen plastiek of nagemaakte blomme of plante sal vir enige van die afdelings in ag geneem word nie.

8. Die beoordelaars se besluit sal finaal wees en geen verdere korrespondensie sal na afloop van die uitdaging toegelaat word nie. 9. Beoordelaars behou die reg voor om persone te diskwalifiseer indien hul enige van die reëls en regulasies sou verontagsaam. 10. Geen foto’s van u tuin word benodig vir die gratis registrasie nie. Foto’s sal wel gedurende die beoordelingsproses geneem word. 11. U registrasie bevestig dat u instem dat die beoordelaars en media met u kennisname u tuin kan besoek en foto’s kan neem. 12. U persoonlike data wat op die vorm verskyn word met niemand anders gedeel nie. 13. U registrasie bevestig dat u instem dat Koerania foto’s van die tuin en van u as deelnemer mag neem en publiseer. 14. Die beoordelaars mag nie aan die uitdaging deelneem nie. 15. Geen wenners (eerste plekke) van die 2025 uitdaging mag vanjaar deelneem nie, maar wel weer in 2027.

Voorblad van Koerania - Oktober 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Oktober 2026, bladsy 12

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar