← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Oraniërs herdenk Bittereinderdag

Op 31 Mei 1902 is die Verdrag van Vereeniging onderteken. Dit was die einde van die Tweede Vryheidsoorlog.

Oraniërs herdenk Bittereinderdag – foto 2

Op 31 Mei 1902 is die Verdrag van Vereeniging onderteken. Dit was die einde van die Tweede Vryheidsoorlog. Bittereinderdag. Op dié dag word ons herinner aan die gruweldade wat ons vroue en kinders in Britse konsentrasiekampe moes verduur en aan die plase, vee en landerye wat afgebrand is om die Boere te stuit. Ons word herinner aan hoe die Afrikanervolk hierdeur geknou is. Hoe hulle van daardie dag af alles weer opnuut moes opbou, met ’n owerheid wat onderdanig was aan die Britse kroon. Ons word herinner aan die vroue wat vir die Boerekrygers gesê het: “Moenie vir ons oorgee nie. Hou aan veg tot die bitter einde.” Orania herdenk Bittereinderdag jaarliks op 31 Mei. Vanjaar is weer besoek gebring die Doornbult konsenstrasiekamp net buite Orania. Die grafte van die vroue en kinders wat hier gesterf het word besoek en die uithouvermoë van die Bittereinders word herdenk. In Orania is Bittereinderdag, 31 Mei, ‘n vakansiedag.

Oraniërs herdenk Bittereinderdag – foto 1
Voorblad van Koerania - Junie 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Junie 2026, bladsy 3

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar