← Sake

· Deur Koerania-redaksie

Orania Sakekamer se nuwe bestuur – Mei 2025

Die Orania Sakekamer het pas hul nuwe bestuur aangekondig.

Annatjie Joubert
Annatjie Joubert

Die Orania Sakekamer het pas hul nuwe bestuur aangekondig. Dié span is deeglik bewus van die uitdagings wat besighede in die oë staar en sien daarna uit om oplossinggedrewe saam met sakepersone te werk

Voorsitter – Tony Correia

Tony neem die leiding as voorsitter en stuur die strategie en aktiwiteite van die Sakekamer. Hy tree as voorsitter van vergaderings op, hou toesig oor besigheidspraktyke in Orania en verteenwoordig die Sakekamer in belangrike onderhandelinge. Saam met die ondervoorsitter en sekretaris vorm hy deel van die dagbestuur.

Ondervoorsitter – Willie Steenkamp Willie ondersteun die voorsitter en tree in sy plek op wanneer nodig. Hy dra by tot strategieontwikkeling, skakel met belanghebbendes, en vorm deel van die dagbestuur wat die daaglikse sake hanteer.

Sekretaris – Werner Fourie Werner dien as primêre kontakpunt vir interne en eksterne kommunikasie, verseker hy 'n duidelike en doeltreffende vloei van inligting tussen die bestuur, lede en die publiek.

Penningmeester – Annatjie Joubert

Annatjie bestuur die Sakekamer se finansies, stel begrotings op, hou toesig oor inkomste en uitgawes, en werk saam met 'n rekenmeester aan die opstel van finansiële state. Sy speel 'n sleutelrol in die finansiële gesondheid van die organisasie.

Bemarking en toerisme – Dia van Staden

Dia lei die bemarkingstrategieë van die Sakekamer, fokus op die bevordering van lede se besighede en toerisme in Orania. Sy wil graag saam met plaaslike instansies werk om geleenthede te skep wat ekonomiese groei en sigbaarheid vir die dorp bevorder. Die bestuur beklemtoon dit dat hul nie in isolasie wil werk nie. “Ons sien daarna uit om saam met die gemeenskap aan projekte te werk wat Orania se sakegemeenskap sal bemark, versterk en volhoubaar maak,” sê Tony. Lede en die breër gemeenskap word uitgenooi om met die sakekamer kontak te maak met hul voorstelle wat tot die uitbou van die sakekamer en besighede se volhoubaarheid kan bydra. Stuur 'n e-pos na voorsitter@oraniasakekamer.co.za met enige voorstelle of vrae.

Tony Correia
Tony Correia
Werner Fourie
Werner Fourie
Willie Steenkamp
Willie Steenkamp
Dia van Staden
Dia van Staden
Voorblad van Koerania - Mei 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Mei 2025, bladsy 2

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar