← Nuus

· Deur Koerania-redaksie

OB se ledenaweek was gelaai met inligting

Van 28 tot 30 Maart het die Orania Beweging hul jaarlikse ledenaweek aangebied.

Phil Craig
Phil Craig

Van 28 tot 30 Maart het die Orania Beweging hul jaarlikse ledenaweek aangebied. Verskillende venues is vir dié informatiewe gesprekke en sosiale genot gekies. Die sprekers tydens die naweek het Phil Craig van die Kaapse Onafhanklikheidsforum en Chris Chameleon, bekende sanger en woordkunstenaar, ingesluit. Joost Strydom, uitvoerende hoof van OB het die nuutste inligting en roeringe rondom die Orania-idee met lede gedeel. Die Afrikanertuiste, Orania, word meer gereeld deur invloedryke opinievormers besing vir die werk wat hier verrig word. Dié naweek bied 'n geleentheid vir ou en nuwe lede om mekaar te ontmoet, oor gemeenskaplike belange te redeneer en dan met ingeligte opinies huiswaarts te keer om die boodskap verder uit te dra. Die Orania Beweging se span is klein, maar dinamies! Vryheid in ons tyd!

Die dames van die Orania Beweging se kantoor se bereidwilligheid om die gemeenskap te dien en die dorp se belange vanuit die inligtingskantoor na buite te bemark, word waardeer. Vlnr: Rene Jooste, Lené van der Walt, Coraine Oosthuizen, Chantell Botha en Maureen Struwig.

Chris Chameleon
Chris Chameleon
Voorblad van Koerania - April 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – April 2025, bladsy 5

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar
Foto by die berig: Kortliks – Oktober 2026
Nuus/

Kortliks – Oktober 2026

Die verdere ontwikkeling van die Karoosig-aftreeoord in Orania vorder goed. Elf bykomende woonstelle word beplan en konstruksie daaraan het reeds afgeskop.

Deur KoeraniaLees berig
Foto by die berig: Orania-pad vorder
Nuus/

Orania-pad vorder

Die randstene word tans gelê en die Orania Stadsboufonds se Oewerpad-projek het ’n nuwe fase betree.

Deur KoeraniaLees berig