← Sport

· Deur Koerania-redaksie

O/23 Bokkietoernooi snoer Afrikanerjeug saam

Die gewilde O/23 Bokkietoernooi het vanjaar van 1 tot 3 Mei 2025 vir die agtste keer op Orania plaasgevind.

O/23 Bokkietoernooi snoer Afrikanerjeug saam – foto 4

Die gewilde O/23 Bokkietoernooi het vanjaar van 1 tot 3 Mei 2025 vir die agtste keer op Orania plaasgevind. Ongeveer 340 spelers en beamptes het deel gevorm van hierdie unieke sportgeleentheid. Dit was weereens 'n samekoms van Afrikanerjeug waar Afrikanervreugde hoogty gevier het. Uithalerspel is deur al die unies gelewer. “Die kompetisie was straf, met uitslae wat byvoorbeeld by 7's rugby telkens binne tien punte van mekaar was – 'n bewys van die hoë standaard waarop die toernooi gespeel is,” sê ds. Peter Stans, Hoof Uitvoerende Beampte van Bokkieweek. In die Netbalfinaal het Vaaldriehoek vir Noord-Transvaal Noord met'n telling van 19 – 15 geklop. Vaaldriehoek het by die Woemahokkie in 'n spannende eindstryd gelykop teen Wes-Transvaal geëindig. Die wenner is daarna met 8 sekonde uitskiete bepaal en Vaaldriehoek wen 2 – 0. By die 7's Rugby het Noord-Transvaal Noord koning gekraai nadat hulle Vaaldriehoek met 'n telling van 26 - 5 geklop het. Gedryf deur die sukses van die 2025-toernooi,

O/23 Bokkietoernooi snoer Afrikanerjeug saam – foto 2
O/23 Bokkietoernooi snoer Afrikanerjeug saam – foto 1
O/23 Bokkietoernooi snoer Afrikanerjeug saam – foto 3
Voorblad van Koerania - Mei 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Mei 2025, bladsy 11

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar