← Kultuur

· Deur Koerania-redaksie

Nuusweek vul 'n gaping en laat Afrikaans asemhaal

Dit is 'n voorreg dat daar nog 'n Afrikaanse publikasie die lig gesien het, veral noudat ander nasionale publikasies hul platforms verklein het.

James Kemp, Stasiebestuurder van Pretoria FM
James Kemp, Stasiebestuurder van Pretoria FM

Dit is 'n voorreg dat daar nog 'n Afrikaanse publikasie die lig gesien het, veral noudat ander nasionale publikasies hul platforms verklein het. Koerania het met James Kemp, stasiebestuurder van Pretoria FM gesels, om meer uit te vind oor Nuusweek, hul nuutste toevoeging tot die reeds gewilde radioplatform. James vertel: “Pretoria FM het besef dat daar 'n groot behoefte onder lesers van tradisionele koerante is om steeds 'n publikasie in PDF-formaat te ontvang. Verder is Pretoria FM in die posisie dat daar heelwat inhoud deur die nuuskantoor vervaardig word wat ook in 'n ekoerant sal werk. Ons het besluit om daarom die gaping te vul wat deur die afwatering van ander publikasies gelaat is, en te verseker dat die aanbod Afrikaanse nuus toeneem en nie afneem nie.” Hy noem dat Nuusweek se missie is om te verseker dat die nuusaanbod gedurig toeneem. Dit bied ook vir Pretoria FM 'n verdere voetspoor in die digitale wêreld waar hul toenemend deur byvoorbeeld hul YouTube Kanaal, beweeg. Politieke nuus en ander harder nuusberigte, meningstukke wat oor 'n breë spektrum strek en selfs 'n spotprent uit die pen van die bekende spotprentkunstenaar, Niël van Vuuren, word in Nuusweek ingesluit. Verder is daar ook vermaaklikheidsnuus, skolenuus en verskeie ander interessanthede waarmee 'n breë gehoor hul kan vereenselwig. Nuusweek word op Pretoria FM se webblad gepubliseer en dan verder versprei op Nuusweek se Whatsapp-kanaal, Pretoria FM se sosiale mediaplatform, soos Facebook, en ook deur middel van hul e-posdatabasis. Sluit by hul Whatsapp-kanaal aan by James sluit af met 'n boodskap aan huidige en voornemende lesers en adverteerders: “Daar is 'n duidelike behoefte aan 'n publikasie wat steeds oor 'n voorblad, leistories en verskillende temas in die uitleg bestaan. Dit is wat Nuusweek wil bereik – om daardie liefde vir koerantlees te laat voortleef.” Besoek pretoriafm.co.za/nuusweek/ om jou nasionale leesgenot daar te kry!

Voorblad van Koerania - Februarie 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Februarie 2025, bladsy 2

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar