← Nuus

· Deur Koerania-redaksie

Nommerplaatmonitering bekamp motordiefstal in die land

Ettiene de Lange, hoof van OVD verduidelik dat hul beheerkamer nasionaal gekoppel is aan 'n nommerplaatdatabasis.

OVD se personeel, vrywillligers en die SAPD was op die toneel om motordiewe aan te keer.
OVD se personeel, vrywillligers en die SAPD was op die toneel om motordiewe aan te keer.

Op Vrydag 13 Junie is lede van die Orania Veiligheidsdienste (OVD) en die Weerbaarheidsvereniging se span deur die personeellid in die OVD beheerkamer ingelig dat 'n gesteelde motor deur hul nommerplaat moniteringstelsel geidentifiseer is. Ettiene de Lange, hoof van OVD verduidelik dat hul beheerkamer nasionaal gekoppel is aan 'n nommerplaatdatabasis. “Jou motor word byvoorbeeld in Brakpan gesteel. 'n Saak word by die polisie aangemeld en op hul sisteem gelaai. Die inligting word op 'n landswye databasis gesirkuleer. Die misdadiger ry vanuit Kimberley op 'n spesifieke plek waar kameras die nommerplaat identifiseer. Die naaste moniteringsinstansie kry 'n kennisgewing dat 'n gesteelde voertuig opgemerk is. Die SAPD naaste aan die bewegende voertuig word in kennis gestel sodat hul die misdadigers kan aankeer.” Op dié dag is 'n voertuig in Kaapstad gesteel, maar aangesien sekere polisiestasies moontlik nie hul moneteringstelsels dopgehou het nie, is dié betrokke voertuig deur Steon van Rensburg opgemerk toe hul by die R369 se kruising 'n passasier opgelaai het. Die persone het in die rigting van Vanderkloof gery en die SAPD is verwittig. OVD het die pad toegemaak en die polisie op Vanderkloof het die pad aan hulle kant gesluit. Volgens Ettiene het die SAPD beheer van die situasie geneem sodra hul op die toneel arriveer het. Die gemeenskap is dankbaar vir oplettende personeel wat die gemeenskap se veiligheid ernstig opneem.

Voorblad van Koerania - Julie 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Julie 2025, bladsy 3

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar
Foto by die berig: Kortliks – Oktober 2026
Nuus/

Kortliks – Oktober 2026

Die verdere ontwikkeling van die Karoosig-aftreeoord in Orania vorder goed. Elf bykomende woonstelle word beplan en konstruksie daaraan het reeds afgeskop.

Deur KoeraniaLees berig
Foto by die berig: Orania-pad vorder
Nuus/

Orania-pad vorder

Die randstene word tans gelê en die Orania Stadsboufonds se Oewerpad-projek het ’n nuwe fase betree.

Deur KoeraniaLees berig