
Riaan Maree
'n Betroubare leier is iemand met sterk morele waardes, wat konsekwent eerlik en regverdig optree. Hulle neem verantwoordelikheid, luister na die gemeenskap en tree met deursigtigheid op. 'n Ware leier ondersteun sy mense, is diensbaar en stel die gemeenskap se belange eerste, eerder as om in eie belang op te tree.
Magda Gleeson
'n Leier is iemand wat die Here ten volle dien en met ander woorde 'n wedergebore kind van God is. Dit is iemand wat eerlik en opreg is, met 'n positiewe uitkyk en wat sy of haar medemens in ag neem in alles en nie net aan hom of haarself dink nie.
Jeanetta Peenz
Orania se leiers moet deeglike kennis van Orania hê en persone inspireer om deel van die ontwikkeling en werksaamhede te wees. Hy of sy moet vertroue inboesem met hul voorbeeld van werksetiek, ondervinding en inisiatief. 'n Leier moet toeganklik wees.
Rialette Venter
Werk hard, werk slim en die mees belangrike eienskap is: werk op so 'n manier dat jou produk 'n verskil kan maak. Moet nie dat mense met klein gedagtes, wat kla of negatief is, jou van jou leierskap ontneem nie. Gee net jou beste!
Annatjie Joubert
'n Leier is iemand wat volgens sy eie oortuigings voor stap. Nie volgens die populêre mening nie. 'n Leier is iemand wat dit wat goed is ophef nie afbreek nie.
Eugene Brink
Hanteer elke persoon met respek, maak nie saak wie daai persoon is nie. Wees nederig, moet nie wag dat iets gebeur, vat die leisels en laat dinge gebeur terwyl jy mense bemagtig. Luister na almal en wys dat jy omgee met raad en empatie. Wys mense dat jy oop is vir idees en wys belangstelling in hul idees.
Suzie Botha
'n Leier: is 'n persoon wat die mense om hom opbou en respekteer en vertroue uitbeeld – (my siening – gee respek om respek te verdien, selfde met vertroue.} Verskreeu, verkleineer, sien nie neer en beskinder nie die mense wat na hom opsien nie. (Indien daar 'n probleem is – praat alleen met persoon (waar niemand julle sien nie, want dan skinder die ander) Ondersteun in alle opsigte, sien die mens raak, maak nie misbruik, of buit die lojale werker uit nie, pas regverdigheid met besoldingings toe en gee erkenning.
JP Combrink
'n Leier van 'n dorp word geïdentifiseer deur sy integriteit, vermoë om te motiveer, en 'n duidelike visie vir die gemeenskap se welvaart. Hulle moet wys dat hulle verantwoordelikheid neem en betroubaar is in hul optrede. Dit bou vertroue en respek onder die inwoners, wat hulle identifiseer as 'n leier.











