
Derius Kruger
Om my Afrikanerskap en die opofferings van ons voorsate prys te gee is nie 'n opsie nie. Ons volk is al deur baie, ons sal dié ook oorleef.
Wynand Bosshof
Ek is bly dat die Amerikaanse president die Afrikaner as volk erken. Dis iets wat ek nooit verwag het nie. Maar ek wil nie 'n vlugteling in Amerika of elders wees nie, ek is 'n Afrikaner vryheidsvegter en daarvoor moet mens in Afrika woon.
Ludwig Everson
Nee - Ek glo nie dit is vir my beskore om ver van my familie en gesin af te wees nie. Ons voorouers het na Afrika gekom om geleenthede te soek, en uit dit het 'n nuwe volk ontstaan – die Afrikaners, met 'n eie taal, Afrikaans. Dit is ons plig teenoor ons kinders en hulle kinders om Orania as die begin van 'n Afrikaner volkstaat uit te bou en dit meer internasionaal erkenning te laat kry, sodat die Afrikaner se toekoms en identiteit volhoubaar verseker kan word.
Johan Putter
Donald Trump se vlugtelingstatus-aanbod vir 'Afrikaners' is vir my 'n NEE! Die Afrikaner is die meerderheid blanke bevolkingsgroep in Suidelike Afrika en ek is deel van 'n volk wat 'n merkwaardige trotse geskiedenis en erfenis het. C.J. Langenhoven, die skrywer van ons pragtige volkslied wat ons oë laat traan: Die Stem, is maar een van hulle wat diep spore getrap het. Hierdie is my Vaderland!
Renier Botha
Ek kies om nie te vlug nie, omdat ek diep verbind is tot my land en kultuur en glo dat ek kan help bou aan 'n beter toekoms vir my kinders. Die ryk tradisies en geskiedenis van my kultuur gee my 'n gevoel van behoort en doelwit. My geloof in Jesus inspireer my om met liefde en vasberadenheid te bly bydra tot die gemeenskap om my.
Yolanda Nel
Nee, my familie, geskiedenis en kultuur beteken te veel. Jy hardloop nie weg van probleme, jy maak die beste daarvan. Die gras lyk altyd groener aan die anderkant van die draad..









