← Nuus

· Deur Dia van Staden

Matriekuitslae word wel gepubliseer

Die IR het aangevoer dat die Wet op die Beskerming van Persoonlike inligting (Popia) oortree sou word.

Foto: Verskaf Anlé Spies (21) is 'n jong dame wat een van die respondente in die saak teen die IR was om vanjaar se matriekuitslae gepubliseer te kry. Sy is tans 'n Junior Melkerybestuurder op 'n plaas in Hartbeespoortdam.
Foto: Verskaf Anlé Spies (21) is 'n jong dame wat een van die respondente in die saak teen die IR was om vanjaar se matriekuitslae gepubliseer te kry. Sy is tans 'n Junior Melkerybestuurder op 'n plaas in Hartbeespoortdam.

Op Maandag 13 Januarie sal matrieks wat die Nasionale Seniorsertifikaateksamen voltooi het, hul uitslae op verskeie aanlyn mediaplatforms en in publikasies kan kry. Die Inligtingsreguleerder (IR) se dringende aansoek om nie uitslae bekend te maak nie, is in die Pretoriase Hooggeregshof deur regter Ronel Tolmay met koste van die hand gewys. Die IR het aangevoer dat die Wet op die Beskerming van Persoonlike inligting (Popia) oortree sou word. Die respondente in die saak was AfriForum, Anlé Spies (2021 matrikulant), Maroela Media, minister van basiese onderwys, die direkteur-generaal van basiese onderwys, Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum en Arena Holdings Bpk. Die departement van onderwys sê op hul webwerf dat uitslae slegs eksamennommers en punte van matrikulante sal insluit. Toppresteerders en hul ouers sal Maandagoggend tydens 'n ministeriële ontbyt onthaal en gelukgewens word. Die amptelike bekendstelling van uitslae sal Maandag om 18:00 tydens 'n geleentheid in Randburg geskied, wanneer die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, die gehoor by die glansgeleentheid sal toespreek. Koerania het met Anlé Spies (21) gesels om haar kommentaar oor die nuutste uitslag van die hofsaak te kry. Toe Anlé die eerste keer in Januarie 2022 die hof genader het om die uitslae gepubliseer te kry het sy baie ondersteuning van die publiek gekry wat haar sentiment gedeel het. “Heelwat mense het my genader om my te bedank dat ek vir die voorreg veg om die resultate steeds gepubliseer te kry. Ek het die media baie dopgehou om die algemene opinies te lees, en baie mense het my geDM om dankie te sê. Mense het stories vertel van die hele familie wat vroegoggend op koerantverkopers en die eerste aflewerings by motorhawens wag om daardie uitslae te kry,” vertel die jonge dame. Oor die nuutste saak dink sy dit was nie onnodig dat die aansoek dringend hanteer was nie. “Die IR wil die voorskrifte die hele tyd op die nippertjie verander, maar 'n wen is 'n wen. Ek sal die proses dophou om te sien of hierdie uitslag 'n rippeleffek na 2025 se matrieks en hulle uitslae sal hê,” deel Anlé. Sy besef dat elke persoon hul eie opinie mag hê, maar dit bly vir haar 'n raaisel hoekom die IR iets wil wegneem wat in praktyk werk. Individue wat nie by skole hul uitslae kan kry nie sal op Dinsdagoggend vanaf 06:00 op die webwerf van die departement die uitslae kan kry.

Voorblad van Koerania - Januarie 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Januarie 2025, bladsy 2

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar
Foto by die berig: Kortliks – Oktober 2026
Nuus/

Kortliks – Oktober 2026

Die verdere ontwikkeling van die Karoosig-aftreeoord in Orania vorder goed. Elf bykomende woonstelle word beplan en konstruksie daaraan het reeds afgeskop.

Deur KoeraniaLees berig
Foto by die berig: Orania-pad vorder
Nuus/

Orania-pad vorder

Die randstene word tans gelê en die Orania Stadsboufonds se Oewerpad-projek het ’n nuwe fase betree.

Deur KoeraniaLees berig