
Die graad 7 tot 9 leerders van die CVO-skool Orania het op Woensdag 11 September hul jaarlikse markdag aangebied. Daar is ondermeer soetgoed, southappies, vleis, knypkoeke, pannekoek en speelgoed te koop aangebied. Daar was stalletjies wat hul kliënte ‘n wiel laat draai het om sodoende die naald op ‘n spesifieke kleur te laat stop vir ‘n toepaslike geskenk. Hier en daar het ouers hulp verleen, maar dit was heerlik om te sien hoe die kinders self woeker. Mede-skoliere het ook die stalletjies ondersteun en motivering aangebied waar verkope dalk stadig was.
Koerania het die stalletjies gaan ondersteun en sommer ‘n paar kiekies geneem van al die aktiwiteite en vriendelike entrepreneurs.











