← Kultuur

· Deur Koerania-redaksie

Boekenuus: Lisa Liefbesie se sewe verlore kolle – Augustus 2024

Sy is geliefd deur al die diere op die groot plaas waar sy woon.

Die omslag van Lisa Liefbesie se sewe verlore kolle deur Riana Scheepers.
Die omslag van Lisa Liefbesie se sewe verlore kolle deur Riana Scheepers.

Meer oor die boek

Ontmoet Lisa Liefbesie, ‘n pragtige liewenheersbesie met bloedrooi vlerkies en helder swart kolle. Sy is geliefd deur al die diere op die groot plaas waar sy woon. Maar op haar verjaarsdag gebeur iets skrikwekkends – haar mooi kolletjies verdwyn spoorloos! Volg Lisa op ‘n opwindende avontuur terwyl sy soek vir haar kolle. Ontmoet vriende soos Kollehond, Bessie die Frieskoei, en Takelane Tarentaal, wat almal probeer help om die raaisel op te los. Sal Lisa haar kolletjies vind voordat haar verjaarsdagpartytjie verby is? Uitgewer: Lapa

Voorblad van Koerania - Augustus 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Augustus 2024, bladsy 11

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar