
Paaldans in Orania
Yoralde Grotius is die afrigter wat moet huishou met getroude vroue wat hul soepelheid en paalvernuf wil opskerp. Melissa Coetsee, Reinnette Gouws en Gwen Dirker geniet die uitdagings van klim, klou, rek, strek en toertjies doen. Dié skouspelagtige sport laat spiere ontwikkel wat jy dalk vergeet het bestaan, maar die dissipline waarmee dit gepaard gaan is besonders.





