
Johan de Klerk skuif na akademie
Johan de Klerk sal voortaan as die Hoof van Akademie sy rol vervul. Hy het op 1 Oktober die aflosstokkie vir die amp as Skoolhoof van Orania CVO-skool aan Susan Nieuwoudt oorhandig. Koerania wens albei 'n wonderlike ervaring toe met hul nuwe verantwoordelikhede.
Sakekamer bespreek die stadskern
Die Orania Sakekamer se maandelikse netwerkgeleentheid is deur Frans de Klerk, Hoof van die Orania Ontwikkelingsmaatskappy, as spreker aangebied. Hy het inligting gedeel rondom die ontwikkeling van die stadskern wat rondom die Paul Kruger standbeeld gebou sal word.
Orania Karnaval se optog
Die Orania Karnaval se optog was kleurvol! BKO het met die wenvlot geseëvier!
Annelize verloof
Oraniër Annelize Bredenhann het op 27 September in Colorado, Amerika, aan Nic van der Walker, ‘ boer, verloof geraak. Dié paartjie het ‘ troudatum bepaal en beplan om hul in die VSA te vestig.













