
Dirk Klynsmith en Movember
Dirk Klynsmith spog met sy welige baard en snor vir hierdie maand se geen skeer November (Movember), wat vir die bewusmaking van kanker begin is. ’n Algemene newe-effek van kankerterapie is haarverlies. Die groei van veral ’n snor het hiervoor ’n effektiewe simboliese gebaar geword.
Tiaan en Cara trou
Tiaan Roos en Cara (Meyer) se huweliksbevestiging het op 22 Oktober by Taayboschdraai plaasgevind. Jozua Brits het die seremonie hanteer. Hulle is Oraniërs en sien daarna uit om ‘n toekoms in die dorp te bou.
Salmah en Christiaan trou
Salmah (Naudé) en Christiaan du Preez is op Woensdag 9 Oktober in die eg verbind. Die egpaar sal hulle in Orania vestig.
MJ Combrink is gebore
Marnus en Marieta Combrink se eersteling, MJ, is op 27 Oktober gebore. Koerania wens vir die ouers en hul seun ‘n goeie en gesonde toekoms!







