
Hopetown se vroue rits rond...
As die wiele draai klim hulle in! Dié groep vrolike vroue het by ‘n bekende koffiewinkel in Orania gesit en kuier toe Koerania die heerlike gekuier nie kon weerstaan nie. “Ons kuier op dié Vrydag, want ons kan,” vertel hulle al laggende.
Tot volgende keer, dames!
47ste huweliksherdenking
Annebie en dr Ben de Klerk het op 21 April hul 47ste huweliksherdenking gevier.
GEEL: Wees paraat. Geen toegang tot die rivier weens dreigende gevaar.
Op 11 Mei is die gemeenskap ingelig dat die riviervlak van die Oranjerivier tot vlak GEEL gestyg het en dus ontoegangklik en gevaarlik is om te gebruik. Gariepdam se invloeitempo was die vorige week meer as 4500 m³/s, maar het reeds afgeneem na 2314 m³/s vanoggend. Die dam se vlak het sy maksimum volume van ongeveer 121% bereik.






