
Nuusbrokkies
Vreemde einde, nuwe begin Op Donderdag 13 Junie 2024 het die nuus op die sakenuuswebwerf Moneyweb gebreek: Media24 gaan die dagblad Beeld, asook drie ander titels, Rapport, Daily Sun en City Press sluit. Lesers, redaksielede en adverteerders moes toekyk hoe 'n vreemde en teenstrydige reeks gebeure rondom die sluiting afspeel. Bietjie meer as 'n jaar later kondig die einste Barnard Beukman aan dat hy die eerste redakteur van 'n splinternuwe koerant: Die Papier is 'n beplande weeklikse nasionale koerant in Afrikaans. Die eerste uitgawe word op 6 Maart 2026 gepubliseer. Orania Gesondheidsorg gee babatreë 1 Desember 2025 het Orania Gesondheidsorg (MSW)die gemeenskap per kennisgewing oor hul vordering ingelig. “Daar het verwikkelinge plaasgevind waarby Karoomed Mediese Sentrum in die dorp gaan bly en dus gaan ons in samewerking met hulle die gesondheidsorg in Orania bevorder. Die 24-uur dienste sal nog nie tans beskikbaar wees nie, maar ons werk daaraan om ook saam met addisionele praktisyns teen Maart 2026 beskikbaar te wees. Orania Sakekamer beplan Orabekendstelling Die I-reeks van die Ora word vir 10 April 2026 beplan. Daar word elke 3 jaar 'n nuwe reeks koepons ontwerp en gedruk voordat dit in die ekonomiese stroom van Orania ingesluit word. Merk solank die datum op jou Kalender sodat die gemeenskap 'n innovasiefees kan vier! Dit is veilig. Dit is uniek. Dit is 'n Oraniaproduk. #ondersteunplaaslik
Die Kosmol
Die Kosmol… Sherri Otto, Elizabeth Grobler en Caitlyn Lubbe werkskaf in die kombuis om seker te maak dat jou restaurant, kitskos of wegneemervaring bo-baas bly. Alles onder een dak! Vra vir jou lojaliteitskaartjie waar jy na 10 keer se gebruik 'n 10% waarde terugaanbod kan kry. Die pragtige kleurvolle buite-area is waar ma en pa kan ontspan terwyl die woelwaters by die speelpark gly, klim en klouter!
Daniël de Klerk
Daniël de Klerk is Niel en Karin se eersteling. Hy is op Donderdag 30 Oktober gebore. Pa en ma geniet die nuwe ritme in hulle lewens en sien uit na al die opwinding van ouerskap.
Joha Fourie
Michelle en Ohann Fourie het op 16 November vir 'n tweede keer ouers geword nadat kleine Joha gebore is. Boetie Lohann deel vir sussie soentjies uit en ouma Charmaine van Heerden besing die dogtertjie se koms op sosiale media.







