← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Kortliks – Desember 2024

Bo-Karoo Opleiding is reeds daarvoor bekend dat hulle unieke boerderytradisies vir hul studente skep wat volhoubaar is.

Orania CVO-skool se matrieks ná hul laaste vraestel.
Orania CVO-skool se matrieks ná hul laaste vraestel.

BKO se klipkoeie is terug

Bo-Karoo Opleiding is reeds daarvoor bekend dat hulle unieke boerderytradisies vir hul studente skep wat volhoubaar is. Aangesien sweiswerk een van die tweedejaar Boerderybestuur se toevoegings is, maak die studente iets uniek uit klip en yster. Die tweede kudde klipkoeie is die dorp ingestuur!

Anneke was geliefd

Op Maandag 2 Desember moes Orania en Bo-Karoo Opleiding van hul geliefde voldoeningsen eksamenbeampte afskeid neem. Anneke het ‘n fatale hartaanval gehad en is in die Orania Kliniek oorlede. Anneke Canei het ‘n sleutelrol gespeel in BKO se akkreditasie en voldoening, en haar toewyding en harde werk het ‘n groot bydrae tot BKO se sukses gelewer. Innige medelye is aan haar familie, vriende en geliefdes gerig. Haar lewe was ‘n voorbeeld vir baie.

Koerania by Radio Orania

Op Woensdag 27 November het Bart Beyers met Koerania se redakteur oor Orania se gemeenskapskoerant en hul werksaamhede gesels. Tydens die program Sakefokus van Radio Orania word lede van die Orania Sakekamer uitgelig. Gaan luister gerus hier hoe Dia van Staden oor Koerania gesels het: https://radioorania.co.za/ koerania-dia-van-staden/

Rudolf en Corneli trou

Rudolf de Beer en Corneli (Bisschoff) is op 14 November in die eg verbind. Dié twee pragtige jongmense beplan om hul in Orania te vestig en hier voort te woeker.

Hoera! Matrieks vier 12 jaar

Op Woensdag 27 November het die matrieks van Orania CVO-skool hul laaste vraestel van die eindeksamen as ‘n groep geskryf. Dié ou tradisie waar die hele groep in die gemeenskapswembad spring, is uiteraard weer met ‘n gejuig uitgevoer. Koerania wens die matrieks alle seën op hul pad vorentoe toe!

Sy verdedig in Dubai

Marlè Nel was deel van Eminence Sport se Enforce netbalspan wat van 27 November tot 4 Desember aan die HSBC Dubai 7’s se netbaltoernooi deelgeneem het. Marlè is uitgenooi nadat sy ‘n Curriculum Vitae van haarself aan die organiseerders moes stuur. Sy vertel dat hulle baie avonture meegemaak het. Koerania sal in die Januarie-uitgawe meer van Marlé se avontuur in Dubai vertel.

Die tweede kudde BKO-klipkoeie.
Die tweede kudde BKO-klipkoeie.
Rudolf en Corneli de Beer. Foto: Cherise Barnard.
Rudolf en Corneli de Beer. Foto: Cherise Barnard.
Anneke Canei.
Anneke Canei.
Marlé Nel, ‘n graad 12 leerder van Orania CVO-skool in aksie tydens die HSBC Dubai 7’s se netbaltoernooi.
Marlé Nel, ‘n graad 12 leerder van Orania CVO-skool in aksie tydens die HSBC Dubai 7’s se netbaltoernooi.
Bart Beyers en Dia van Staden. Foto: Verskaf.
Bart Beyers en Dia van Staden. Foto: Verskaf.
Voorblad van Koerania - Desember 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Desember 2024, bladsy 5

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar