
Die Aftree-oord in Orania het op Donderdag 9 April die sooi vir ‘n volgende fase gespit. Die bestuur van die aftree-oord het hul dank teenoor die bestuurder van die oord, Pierre Fourie, en sy span uitgespreek. Riaan Jacobs, voorsitter van die Karoosigdireksie deel sy dankbaarheid dat die eerste bakstene afgelewer is en ondergrondse infrastruktuur aangelê en betaal is. Hy het verduidelik dat die eerste 11 woonstelle gebou sal word. “Na 12 jaar is ons trots op ‘n uitvoerproduk waar ons met ‘n vol oord nog eenhede begin bou,” noem Riaan. Frans de Klerk het Groeikrag verteenwoordig tydens die geleentheid en gesê dat die aftree-oord een van die ekonomiese snellers vir Orania is. “Aangesien Orania se bejaardes ook groot bydraes in die gemeenskap lewer, was dit hul keuse om in die eerste woonstelle te belê.”






