← Kultuur

· Deur Koerania-redaksie

Karlien sit haar emosies in woorde om

In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind waar sy kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit.

Karlien sit haar emosies in woorde om – foto 1

In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind waar sy kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit. Daar waar sy met Hom kan gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en met deernis luister. Karlien vertel van haar kronkelpaaie van pyn en verlies en hoe sy deur die jare daardie paaie gevleg met haar onwrikbare geloof gestap het. In hierdie poëtiese teks vol beeldspraak en vloeiende kreatiwiteit gesels sy oor kwesbare grepe uit haar lewe. Sy deel met die leser haar ondersoeke in die Woord, die suiwer leringe van Jesus, sielvolle gedigte, lirieke en diep persoonlike gewaarwordinge. In Riviere in die wildernis leer ons Karlien ken soos nog nooit tevore nie. In haar arms het sy al lewe, siekte en dood vasgehou en geleer hoe om, of die Here nou gee óf neem, steeds 'n halleluja te sing. “Riviere in die wildernis is soos 'n vars bries in die Christelike literatuur wat té dikwels besaai lê met versigtig geykte mooipraatjies,” sê Jaco Strydom, skrywer van Daka. Al die LUCA-skakels op een plek: · Riviere in die wildernis (sagteband): https://loom.ly/DgjIr5M · Riviere in die wildernis (e-boek): https://loom.ly/ScFDwdE · Facebook: https://www.facebook.com/LUCALife.LUCAL ewe

Voorblad van Koerania - Augustus 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Augustus 2025, bladsy 2

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar