
Op Donderdag 19 Junie het evangelis, Israel Taylor, ongeveer 130 persone by die Blou Stoor bedien. Hy is deel van Divine Evangelism in Bloemfontein, en het 'n hart vir mense wat die Heilige Gees se werking in en deur hul lewens wil verwelkom. 'n Geestelike honger gehoor het eers saam tot hul Here genader deur lofprysing en aanbidding voordat daar aandagtig geluister is terwyl hy hul bemoedig het, maar ook uitgedaag het oor swak gewoontes, afbrekende gedrag en negatiewe gedagtes wat nie van God af is nie. Hy het lede uit die gehoor genooi om Jesus aan te neem en het dié persone deur 'n bekeringsgebed gelei voordat hy mense genooi het om deur die Heilige Gees bedien te word en ook vir persone gebid wat die doping in die Heilige Gees wou ontvang. Die geesgevulde bediening was nie aan almal bekend nie, maar daar was 'n positiewe oortuiging dat die Heilige Gees se werking opnuut genooi moet word om 'n verskil te maak in 'n gemeenskap wat geroep is om die lig vir die wêreld te wees.




