← Gemeenskap

· Deur Elmarie Bredenkamp

Hester de Lange

Toe ons die dag afskeid geneem het, 10 jaar terug, het ons nooit geweet om finaal afskeid te neem so swaar sou wees nie.

Hester de Lange – foto 1

Hester de Lange (16 / 01 / 1942 - 4 / 07 / 2026)

Toe ons die dag afskeid geneem het, 10 jaar terug, het ons nooit geweet om finaal afskeid te neem so swaar sou wees nie. Hetmarie het haar liefde vir diere by ouma gekry en Tiana haar liefde vir plante, Seun die lekker soetgoed wat Ouma altyd so lief was voor . Boetie neem swaar afskeid maar hy berus hom by die mooi herinneringe wat hy van Ma het. Al die liefde wat net 'n moeder kan gee koester hy diep in sy hart. Dankie vir al die lekker lag en al die saam eet om 'n vars gebakte boerbeskuit. Al die kuiers, ons mis nie die katte nie, maar ons het jou daardie liefde gegun, want jy het soveel daarvan gehad. Ons sê nie een totsiens nie ons sê "Tot ons weer sien in die Hemel"...

Mamma, ouma, vriendin...... Dit was jy.... Die altyd netjiese en deftige vrou. Raad gee sou jy altyd en hulp aanbied sonder versuim, toe dit moontlik was. Jy het net die goeie raakgesien in 'n medemens....soms tot nadeel van jouself. Siek diere versorg, dit kon ma doen. Diereliefhebber, jy kon nie sonder hulle wees nie. Van 'n meerkat tot 'n voëltjie, Tattie en Sheila, die laaste van hulle, was alles van elke dag . Dankie dat jy ons pa vir soveel jare versorg het. In moeilike en beter tye, altyd daar. Ons vereer ma as ‘n unieke mens. Die blom van liefde soos jou liefde vir alles wat mooi was in die blommeryk. Ons neem swaar afskeid nou, maar glo dis 'n totweersiens. Dankie vir alles wat Ma vir ons beteken het in soveel jare. Ons gaan Ma mis. Al ons liefde.

Voorblad van Koerania - Julie 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Julie 2026, bladsy 10

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar