← Kultuur

· Deur Koerania-redaksie

Geloftedag by Perdekraal – Desember 2024

Nadat die vlae gehys is en die Gelofte deur dr Louis Bothma voorgehou is het die meer as 200 mense in die saal vergader.

Dr Louis Bothma, 'n gesoute historikus en storieverteller, het die tragiese, maar interessante geskiedkundige storie van die Slag van Paardeberg wat op 17–27 Februarie 1900 plaasgevind het, vertel. Die vertelling is by die Vandusiedrifslagveld, langs die Modderrivier, waar genl. Piet Cronjé se laer was, oorgedra.

Nadat die vlae gehys is en die Gelofte deur dr Louis Bothma voorgehou is het die meer as 200 mense in die saal vergader. Kolonel Wynand du Toit lewer die feesrede: (Opsomming) “Andries Pretorius en die 464 burgers het nie na Bloedrivier vertrek om te gaan onderhandel nie. Hy het nie gaan witvoetjie soek nie. In die mistigheid van die omgewing het elke kryger op die vooraand beslis vrees ervaar terwyl hulle die kruit droog moes hou en ongeveer 30 000 impi's om hulle versamel het. Ek het self al die loop van 'n AK47 in die oë gestaar. Afrikaners moet begin saamstaan. Ons moet ons geskiedenis ken sodat ons weet waarheen ons op pad is. Suid-Afrika het die sterkste weermag in Afrika gehad. Tydens die Grensoorlog was die soldate nie bevrees om hul gesinne by die huis te los nie. Sedertdien het ons 'n volk van verskonings geword wat aanhou toegee sodat ons niemand kan aanstoot gee nie. Ons is selfs nou bereid om ons taal weg te gee. Geld het belangriker geword as om vir ons bure om te gee, maar ons lanterns hang weer in die mis. Ons vyande is nie noodwendig van 'n ander ras nie, maar diegene wat werk om ons voortbestaan te benadeel. Ons het 'n volk van verdeeldheid geword, want dit is so lekker om vinger te wys. Dit is vir my belangrik dat elke boer of Afrikaner 'n doel moet bereik, al verskil ons van mekaar. Ons moet ons taal, kultuur en geloof bewaar. Ons moet wegbeweeg van die eie ek en saamstaan om ONS belange te beskerm en versterk.”

Frances du Toit het die gehoor meer vertel van haar lewe as ' n vrou wat die elemente van Afrika se natuur al menigmale moes trotseer. Sy het binnenshuiseontwerp studeer, maar in die Kongo in tente gewoon. Sy vertel dat sy nie kon bekostig om deur voorvalle oorweldig te word nie. Sy is ma van 2, Wynand se persoonlike assistent en sy bestuur ook die bemarking en verkope van sy boeke.

Kolonel Wynand du Toit was die spreker tydens die Perdekraal Geloftefeesviering op 16 Desember 2024. Hy sê dat vrees ons skerper moet laat waarneem en beter besluite moet laat neem.
Kolonel Wynand du Toit was die spreker tydens die Perdekraal Geloftefeesviering op 16 Desember 2024. Hy sê dat vrees ons skerper moet laat waarneem en beter besluite moet laat neem.
Voorblad van Koerania - Januarie 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Januarie 2025, bladsy 3

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar