← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Elsa Schoeman

Sy het geleef volgens vaste beginsels van geloof, eerlikheid, harde werk en deursettingsvermoë.

Elsa Schoeman – foto 1

Elsa Schoeman (16 / 01 / 1942 - 4 / 07 / 2026)

Ter nagedagtenis aan Ma en Ouma Elsa. Ons het op 11 Julie afskeid geneem van 'n besondere vrou wat 'n onuitwisbare merk op ons lewens gelaat het – 'n vrou wat haar eie behoeftes dikwels opsy gesit het om haar kinders, familie en medemens te dien. Sy het geleef volgens vaste beginsels van geloof, eerlikheid, harde werk en deursettingsvermoë. Ouma Elsa was ook besonder vaardig met haar hande en was hiermee besig tot in die laaste dae van haar lewe. Sy het die vermoë gehad om iets moois en nuttigs uit die eenvoudigste materiaal te skep. Met min hulpbronne kon sy ongelooflik baie uitrig om haar kinders te versorg en uiteindelik suksesvol die wêreld in te stuur. Sy het altyd die beste in mense gesien en was as matrone van Middelburg ouetehuis intens betrokke by die gemeenskap. Sy het ook as ouderling in haar plaaslike kerk gedien en so die gemeente help bou en versorg. Hoewel ons harte swaar is, is ons dankbaar vir die nalatenskap wat sy agterlaat: 'n nalatenskap van standvastigheid, opoffering, geloof, harde werk en goedheid. Haar voorbeeld sal voortleef in haar kinders, skoondogters, kleinkinders en almal wat die voorreg gehad het om haar te ken. Rus sag, ma en ouma Elsa.

Voorblad van Koerania - Julie 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Julie 2026, bladsy 10

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar