← Sport

· Deur Koerania-redaksie

Eerste tafeltennistoernooi lewer verrassings op

Aangesien dit die eerste toernooi was wat deur Koerania gereël is, was dit 'n ontdekking om die kwaliteit in ons eie gemeenskap waar te neem.

Eerste tafeltennistoernooi lewer verrassings op – foto 4

Aangesien dit die eerste toernooi was wat deur Koerania gereël is, was dit 'n ontdekking om die kwaliteit in ons eie gemeenskap waar te neem. Vier vrouens het sommer teen die mans ook kragte gemeet. Die Bloustoor het vir 'n heerlike ruimte gesorg en terwyl daar lekker musiek gespeel het, het die balle begin klap. Daar is drie blaaie opgestel en daar is vir meer as 4 ure aanmekaar gespeel. Die uiteindelike wenner, Adam, het al sy wedstryde van die dag gewen. Die spelers sien daarna uit om binnekort teen die Bo-Karoo Opleiding se spelers te speel. Daar is 'n Whatsapp-groep begin waarby voornemende spelers kan aansluit. Kontak Dia by 083 726 1180 vir die skakel. Op Saterdag 20 September het 13 spelers rakette opgeneem om vir die wisseltrofee van die tafeltenniskampioene te kompeteer. Die jongste speler, Adam Naudé, het met akkuraatheid en vernuf die oorhand gekry.

Eerste tafeltennistoernooi lewer verrassings op – foto 1
Eerste tafeltennistoernooi lewer verrassings op – foto 2
Adam Naudé
Adam Naudé
Voorblad van Koerania - Oktober 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Oktober 2025, bladsy 12

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar