
Wat in die eertydse geskiedenisboeke as Konsentrasiekampdag herdenk word, is daar op 16 Junie deur ‘n klein groep individue met kwaste, wit verf en skuurpapier hand in eie boesem gesteek. Daar is beplan om ‘n hele klomp kruise by die Witkruismonument tussen Polokwane en Mokopane, in ere te herstel. Dié inisiatief deur Lex Libertas het vir persone ‘n geleentheid gebied om deel te vorm van ‘n eerbare projek wat heeltemal te min ondersteuning kry. Plaasmoorde is ‘n prioriteitsmisdaad vir die Afrikaner en dié monument teen die koppie is ‘n tragiese herinnering aan hoeveel boerlewens geeis word terwyl hul in die sweet van hul aangesig die volk voed. Ongeveer 20 persone het hand bygesit om ‘n verskil te maak. Die gras is korter gesny, ‘n hele aantal kruise, wat in die harde en klipperige grond omval, is regop geplant, roes is afgeskuur en die kruise is weer wit geverf. Daar is nog baie werk op die terrein waar byna 2 900 kruise staan, en aan die einde van Augustus en vroeg in September is daar nog groepe wat dié poging verder sal neem. Lex Libertas is besig met ‘n veldtog om 3 000 kruise by die Withuis in Washington DC te gaan plant. Die fyn beplanning vir ‘n Washingtonkonferensie vooraf en die dag waarop die kruise geplant sal word is in volle swang. Daar is twee maniere waarop Afrikaners en ander ondersteuners betrokke kan raak. Jy kan hul petisie hier teken en jy kan ‘n kruis aankoop deur die volgende skakel te volg: www.whitecrossproject.org Persone wat by die monument in Suid-Afrika betrokke wil raak kan die voorsitter van die Witkruismonumentbestuur, Kobus de Lange by 084 710 3728 kontak of ‘n e-pos na rietvleyks134@gmail.com of 777boerdery@gmail.com stuur vir meer besonderhede.
Foto’s: Dia van Staden Enige individu kan hand opsteek om by die Witkruismonument en sy projekte betrokke te raak. Laat jou stem hoor, maar gaan oor in aksie om ‘n werklike verskil te maak. Kontak Kobus de Lange by 084 710 3728 kontak of stuur ‘n e-pos na 777boerdery@gmail.com vir meer besonderhede oor hoe jy betrokke kan raak.










