← Nuus

· Deur Dia van Staden

Die beginsel van selfregering moet gedryf word

Ernst Roets het tydens 'n onlangse onderhoud met Koerania bevestig dat die enigste agenda wat hy wil dryf, VRYHEID is.

Ernst Roets het tydens die Orania Sakekamer se Algemene Jaarvergadering as spreker opgetree. Hy besef dat die werklikheid kompleks is, maar steef daarna om 'n realistiese vryheid vir gemeenskappe te help bevorder.
Ernst Roets het tydens die Orania Sakekamer se Algemene Jaarvergadering as spreker opgetree. Hy besef dat die werklikheid kompleks is, maar steef daarna om 'n realistiese vryheid vir gemeenskappe te help bevorder.

Ernst Roets het tydens 'n onlangse onderhoud met Koerania bevestig dat die enigste agenda wat hy wil dryf, VRYHEID is. “Ons wil vir die Afrikaner vryheid hê. Ons wil nie hê ander groepe moet nie ook vry wees nie. Daar is persepsies dat ons nie ander vry wil sien nie. Slawe en goedkoop arbeid is beslis nie ons doel nie. Hy beskryf 'n samelewingsvorm wat gevestig moet word sodat dit anders kan lyk as die een waarbinne Afrikaners tans leef. “Suid-Afrika as gebied benodig 'n meer gedensentraliseerde politieke bedeling. Daar is meer manière waarop mense en gemeenskappe hulself kan regeer. Die idee van selfregering moet bevorder word, maar aangesien gemeenskappe en kulture verskil, gaan dit nie vir almal ewe goed werk nie. Ons kan nie 'n stelsel van afhanklikheid skep of bevorder nie, want daardie gemeenskap moet nie as die sondebok of slaansak vir die res dien nie.” Hy verwys na voorbeelde daarvan regoor die wêreld. Beginsel van selfregering belangrik! Oor die vraag of President Donald Trump se uitnodiging aan Afrikaners 'n oplossing is, noem hy: “Ek dink hul het hul eie agenda. Hul het 'n America First agenda. Deel daarvan is om Afrikaners te kry om Amerika toe te trek, wat nie noodwendig in ons belang is nie. Ek wil glo met JD Vance, dat deel van hul agenda is om die westerse beskawing te wil beskerm. Ons kan egter nie ons hoop op die VSA sit nie. Ons is nog die belangrikste skakel vir ons eie oplossing.” Hy is oortuig dat Afrikaners 'n nuwe hoofstuk betree. “Die wantroue en afsku in Afrikaners en die meesterverhaal wat in die buiteland geheers het, is nou as leuens ontbloot. Dit skep 'n klomp nuwe geleenthede vir die Afrikaner. Ek beleef herontdekking van Afrikaners, as westerlinge en as Christene.” Ernst beskryf die huidige regerende party se uitsprake as waansin op 2 vlakke: “die regerende elite probeer om, ideologies gesproke, rasnasionalisme en sosialisme te bevorder. Ons sien dit met beleidsidees – Bela-wet, grondonteiening sonder vergoeding, gesondheid, ens. Hul skep die indruk dat hul die ekonomie gaan laat groei as hulle grond vat en 'n nie-werkbare gesondheidsplan implimenteer.” Die tweede vorm van waansin is volgens hom dat Suid-Afrikaners dink 'n koalisieregering of as die REGTE persoon binne die ANC gekies word, oplossings sal bied.

Hy is eerder oortuig dat onderliggende strukturele probleme wat die land beleef erger gaan word. Hy verduidelik dat die huidige politieke stelsel nie in 'n nuwe bedeling kan pas nie, aangesien dit geen erkenning aan verskillende volke en nasies gee nie. “Nie omdat dit verkeerd of reg is nie, maar ons kulture verskil. Gepeupelgeweld gaan opvlam.” “Ons gaan die ANC of die EFF nooit verander nie. 'n Linkse swart nasionalistiese beweging bou hul identiteit daarop dat witmense boos is en dat die struggle eerbaar was. Rasnasionalistiese identiteit wat op 'n leuen gebou is.” Ernst se onlangse reeks onderhoude met invloedryke Amerikaanse potsenders het baie Afrikaners se tonge losgemaak en tot die gesprek laat toetree. “Ek sien my fokus as aanvullend tot Orania – my fokus is om vir SA 'n ander politieke bedeling te bemark, onder verskillende kulture te werf, en om in die VSA

Voorblad van Koerania - Mei 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Mei 2025, bladsy 4

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar
Foto by die berig: Kortliks – Oktober 2026
Nuus/

Kortliks – Oktober 2026

Die verdere ontwikkeling van die Karoosig-aftreeoord in Orania vorder goed. Elf bykomende woonstelle word beplan en konstruksie daaraan het reeds afgeskop.

Deur KoeraniaLees berig
Foto by die berig: Orania-pad vorder
Nuus/

Orania-pad vorder

Die randstene word tans gelê en die Orania Stadsboufonds se Oewerpad-projek het ’n nuwe fase betree.

Deur KoeraniaLees berig