← Kultuur

· Deur Dia van Staden

Die avonture van Helga Roets

Helga Roets bots gereeld met haar dogter, Celeste, omdat haar dogter beweer sy is ‘n gevaar op die pad.

Dia van Staden, redakteur van Koerania, was by die bekendstelling en het ook ‘n gesprek met Riaan by ‘n bekende boekwinkel gelei.
Dia van Staden, redakteur van Koerania, was by die bekendstelling en het ook ‘n gesprek met Riaan by ‘n bekende boekwinkel gelei.

Helga Roets bots gereeld met haar dogter, Celeste, omdat haar dogter beweer sy is ‘n gevaar op die pad. Makulêre degenerasie is by haar gediagnoseer, maar Helga laat haar nie sommer so muilband nie. Sy is ‘n vrou met ‘n wil van haar eie en daar is niks met haar kop verkeerd nie. Stefaans is ‘n moedige en besadigde afgetrede dokter wat hom oor haar ontferm, maar hulle reis verloop met baie avontuur en staaltjies wat jou sal laat skaterlag nie. Hul avonture begin met twee begrafnisse in Gauteng en ‘n troue in die Kaap. Selfs daardie gebeurtenisse lewer verrassings op! Die afgelope ses jaar in die Silwerhare Aftreeoord het Helga aan die gang gebly en sy is nie nou van plan om vir die dood te wag nie. Helga se karakter is op ‘n bekende tannie Hettie Koch geskoei. Riaan het haar leer ken toe hy as student by hul loseer het. “Tannie Hettie is ‘n statige vrou met haar pienk hare. Sy beindruk my nog altyd!” Hettie was gou om by te voeg dat sy darem nie in die werklike lewe so stout en soms voortvarend soos Helga is nie. Riaan het as skolier gereeld by ouma Willie by die Silwerhare Ouetehuis in Pietersburg gekuier en daar het baie stories al sy verbeelding aangegryp. Helga Roets is dalk aan die verkeerde kant van 80, maar jy kan haar steeds deur ’n ring trek. Helga geniet nog ‘n besoek aan die winkels en ‘n sekere koffiewinkel bly ‘n gunsteling kuierplek vir haar en vriende. Die storie gaan oor verwerping, verlies, omgee, oudword, geesgenote en liefde wat hoop bring. Haar sê-goed en belewenisse laat elke bejaarde persoon onthou dat ouderom net ‘n getal is, en dat die lewe voluit geniet en geleef moet word! Tydens die formele bekendstelling van die boek is daar heerlik by Monte de Dios in Pretoria gekuier. Nadine, Ruan Josh, Fatman, Jennifer Zamudio en Jomari Beukes het opgetree om die aand se fleur te beklemtoon. Riaan toer tans in die Kaap waar verskeie bekendstellings gehou word. Kry jou kopie, uitgegee deur Human & Rosseau Uitgewers, beskikbaar by alle bekende boekwinkels.

Jennifer Zamudio; Nadine.
Jennifer Zamudio; Nadine.
Eben Pienaar, Dia van Staden en Riaan Grobler.
Eben Pienaar, Dia van Staden en Riaan Grobler.
Aanhanger, René Reinecke het heerlik saam met Fatman gekuier Foto’s: Dia van Staden
Aanhanger, René Reinecke het heerlik saam met Fatman gekuier Foto’s: Dia van Staden
Riaan by Hettie Koch, op wie die karakter van Helga geskoei is.
Riaan by Hettie Koch, op wie die karakter van Helga geskoei is.
Voorblad van Koerania - Februarie 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Februarie 2026, bladsy 10

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar